Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3057 resensies.
"Ek is mal oor Clarens! Die dorpie het pragtige staproetes en het 'n unieke gevoel!"
"Lekker area om net stil te raak na 'n dag se inkopies. Daar is te veel om van te kies."
"It is truly a beautiful town, a bit unconventional in that quite a few roads are gravel, but it lends to the beauty, the hikes are very pleasant and definitely worth it. Quality restaurants and shops. Friendly people. An amazing experience."
"Perfekte wegbreek van die huis waar jy jou kop kan skoonmaak. Lekker eet en almal is vriendelik. Jy voel so tuis want dis so veilig."
"Word net beter. Was laas Januarie 2020 daar. Daar is nou baie nuwe winkels. Mooi plek."
"Clarens is baie duur, restaurante is baie duur, die omgewing en staproetes is baie mooi."
"A quaint town with lovely, friendly staff. We all enjoyed walking around town and window shopping. Lots of places to eat with lots of variety to suit everyone's pallets."
"Pragtige dorp. Die Bethlehem Munisipaliteit moet net aandag gee aan die strate wat besig is om baie agteruit te gaan."
"Wens net die plaaslike regering wil die strate van Clarens teer of plavei. Die onlangse reën het slote en gate oral oor in die strate gestoot en dit was regtig onplesierig."
"Ons was kersdag daardeur, so amper als was toe. Eetplek gesoek, maar niks gekry die oggend nie. Mooi dorp."
"Pragtige, ou plattelandse dorpie met lieflike winkeltjies en heerlike restaurante."
"I'm giving it a 4/5 because of the poorly maintained roads, be very cautious when driving from Johannesburg. There are major potholes en route and not many petrol stops. Overall, stunning views."
"'n Rustige plattelandse dorpie met die mooiste natuurskoon. Skoon en netjies. Baie aktiwiteite vir oud en jonk."
"Eerste keer in Clarens. Baie mooi dorpie met pragtige berge, maar soek nog na 'n wow-faktor. Vele winkels, restaurante en staproetes. Was ook by Golden Gate, maar weet nie of ons sommer gou weer sal terugkeer nie. Dink ander plekke in Suid-Afrika bied meer."