Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3057 resensies.
"Ons is baie verlief op Clarens, ongelukkig is die pryse in die verskillende winkels so dat jy nie regtig kan bekostig om iets te koop nie. Die eetplekke se pryse is nog binne perke."
"Clarens is so sentraal aan baie vakansie aktiwiteite insluitend perdry in Golden Gate, staproetes in Golden Gate, Ziplining, White water rafting, putt-putt, vierwielmotorfietsritte, gholf, staproetes in die Clarens Beware, tennisspeel, visvang ens. Ons kom altyd huistoe uitgerus en vervul na 'n Clarens vakansie."
"Clarens is 'n baie lekker toeristebestemming en die afstand vanaf Johannesburg en Pretoria maak dit ideaal om te besoek vir 'n langnaweek."
"Dit is 'n pragtige dorpie, met vriendelike inwoners. Dit is die enigste plek wat ek nog gesien het, waar die mense water bakke buite los vir dors honde! Die gesnuffel in die winkels weeg net baie swaar op jou beursie! Sal beslis weer gaan."
"Clarens is 'n lieflike toeristebestemming. Daar is wel nie veel is om te doen in die dorp self met klein kindertjies nie. Sou lekker gewees het as daar dalk 'n tipe van 'n "play park" was waar hulle bietjie kon speel."
"Een puntjie van kritiek: Brood is so skaars soos hoendertande! Daar is 'n bakkery, maar die maak net oop as dit hulle pas. Dan bak hulle net 'n paar broodjies en klaar. Oral kan jy allerhande soorte broodmeel koop, maar o wee, geen iets wat lyk soos 'n broodpan nie. Die mense lag as jy vra vir 'n broodpan. Verder was dit regtig baie lekker. Lekker interessante winkeltjies, interessante eetplekke. Ons sal beslis weer by Clarens en natuurlik LA BRI gaan kuier. Dankie ook vir LekkeSlaap se wonderlike hulp."
"Seker nie almal se tipe bestemming nie, maar 'n soort rustigheid wat byval vind. Interessante winkeltjies en eetplekke. Die uitsig is wonderlik. Dit is tog na genoeg aan die Gauteng mekka om die pragtige plekkie te besoek. Was heerlik."
"Kan dalk meer aktiwiteite daar stel en ook die wat daar is verbeter. Eetplekke se diens is swak en winkels se pryse belaglik."
"Aangesien dit 'n toeriste aantreklikheid is is die pryse van produkte baie hoog soos dit by enige vakansieplek is. Ons het Golden Gate toe gery en na 'n swemplek gesoek maar hulle swembad het volgens hulle nie water gehad nie. Dit was baie teleurstellend en die plek self het nie 'n goeie indruk gemaak nie. Dankie aan Montsori Mountain Lodge wat goedgunstiglik gesê het ons kan swem omdat ons ander gaste geken het en hulle gereeld besoek het. Alhoewel die swembad nie skoongemaak was nie het ons dit geniet. Ons het die uitsig baie geniet van die stoep van die hotel af en die kos was goed."
"Lieflike dorp om te besoek, oulike winkels en eetplekke, natuur is ongelooflik mooi, baie om te doen."