Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Bryanston is 'n gevestigde woonbuurt in Johannesburg. Dis baie boomryk en die ligging sentraal vir reis na Johannesburg, Preroria en omliggende areas."
"Dit sou afhang wat mens in Villieria wil doen, dink ek. Ek wou naby Fireplace Restaurant wees vir 'n kunsuitstalling. Nie om te kuier nie."
"Die natuurreservaat se paaie is nie baie goed gemerk op die kaart wat jy by ontvangs kry nie, so dit is deurmekaar as jy op 'n selfdrive gaan. Sou die roetes op die kaart beter aandui."
"Ons het ongelukkig nie die tyd gehad om Silver Lakes en omgewing behoorlik te verken nie; maar 'n besoek aan die "groot wilde katte" daar naby maak van Silver Lakes 'n aantrekkings area. Dit wil ook voorkom of daar heelwat eetplekke is (sommige baie duur maar lyk tog gewild) en al die nodige fasiliteite is byderhand. "
"'n Voorstel: Met die huidige klimaat en hael wat meer voorkom maak ek net 'n aanbevelig dat daar moontlik gekyk moet word na onderdakparkering."
"Close to the airport and Carnival mall as well as the CBD of Johannesburg. "
"Perfect location for vegans with all the vegan restaurants in the nearby Greenfield!"
"Die verkeer is op tye baie druk op Witkoppen en Rivonia maar gerieflik na Sunninghill."
"Naby alles, ten opsigte van toegangsroetes, hospitale en inkopiesentrums. Pragtige omgewing."
"Ek glo daar is toekomstige potensiaal vir die omgewing. Die gholfbaan is sekerlik nou die hoogtepunt."
"Was net daar vir een nag. Maar sal volgende keer bietjie langer gaan. Van 'n fotografie kant af, kan mens baie mooi fotos daar neem."