Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Het nie baie tyd gehad om werklik die siel van die dorp te ervaar nie. Ons het die nabygeleë Suikerbosrand natuurreservaat besoek en was teleurgesteld met die opvallende agteruitgang daarvan. As Sewende-dag Adventis was die besoek aan Sedaven 'n opbouende geestelike ervaring."
"Ek geniet Lynnwood. Dis skoon en die verkeer word goed beheer. Alles voel naby, winkelsentrums, restaurante en oor die algemeen blyk die mense vriendelik te wees."
"Fantastiese area met soveel oulike plekkies in die omgewing om te besoek en nie eers ver van beide Pta of Jhb af nie."
"Parkview is 'n rustige woonbuurt baie naby aan die Wits-kampus en dus baie geskik vir my doel, want dit is nie nodig om op die M1 te gaan om by by Wits uit te kom nie. Dit is ook sentraal genoeg vir toeriste."
"Waverley self is nie 'n toeristebestemming nie maar dit is wel so geleë dat dit binne afstand is van baie plekke om te besoek. Die vlooimark by Kollonade. Die China Mall. Dit is ook naby Menlyn Shopping Centre en baie ander Malls om vir die dag uit te gaan. Dit is ook so geleë dat hospitale ens. bereik kan word. Ons was ook uit vir die dag na Hartebeespoortdam. Dit is gerieflik en sentraal geleë."
"Goed geleë met al die groot winkelsentrums, restaurante en bioskope. Die klimaat is sub-tropies, veral in die winter is dit 'n pluspunt. Die omgewing is lowerryk en almal hou hulle tuine netjies. Dit is 'n plesier om daar in die strate te loop. "
"Dinokeng het nog baie min wild. Dit was bietjie teleurstellend. Ek glo die toekoms sal dit 'n treffer reservaat word. Ek het dit geniet om die relatief mak wild en voëllewe wat ons gesien het van nader te beskou, die voertuig af te skakel en my tyd saam met die wildsoort te spandeer. Ek is lief vir die natuur en wildslewe en dit was vir my lekker en ontspannend. Eintlike vraag: JA ek sal weer sommer op 'n afdag soontoe gaan JA."
"Alhoewel dit baie uitgebrei het in Waverley met die jare is dit nog steeds rustig met skoon omgewing. "
"Magaliesburg is 'n klein dorpie met die nodige geriewe geleë in 'n pragtige omgewing met 'n verskeidenheid vakansie oorde en baie om te doen en te geniet."
"Dis 'n stil, veilige omgewing maar baie sentraal geleë naby hospitale en inkopiesentrums."
"Perfekte bestemming indien jy 'n smakie van die stad of spesifiek Pretoria wil kry. Veral Menlyn Inkopiesentrum is 'n paradys!"
"Heerlike restaurante, veral die "Blackhorse Brewery". Mooi natuurskoon en voëllewe."
"Ag Clydesdale het daardie ou koloniale sjarme en is net absoluut perfek geleë as mens die historiese besienswaardighede van Pretoria wil verken."
"Ek sal in die toekoms net van Lanseria af vlieg na ander bestemmings in SA. Rustige atmosfeer, maklike verkeer tot en van daar, naby aan Pretoria."