Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3192 reviews.
"Strawberry Farm spa packages are great value. Die ou Pastorie a lovely spot for breakfast or lunch. "
"Daar is nie baie in Magaliesburg self om te sien of doen nie. Maar die Sterkfontein Grotte is naby genoeg en maak so reis die moeite werd."
"Tans kan ek nie sien dat Garsfontein 'n toeristemekka is nie. Met die voltooiing van Menlyn Main en gepaardgaande eiendomontwikkelling gaan dinge verander. Garsfontein is 'n baie natuurlike, boomryke en mooi omgewing. "
"We were just passing through Pretoria as we had to visit one of the Embassies. I believe there is quite a lot to see in the area and it could be an interesting place to visit. "
"Ons was drie groot mans, maar sou verkies het om in een eenheid te bly met private kamers. Miskien beter om die heel groot eenheid in 'n drieslaapkamer-eenheid te omskep."
"Vir ons plaasjapies is dit 'n lekker uitstappie met genoeg kuier en eetplekke en inkopies."
"Dit is goed geleë en bied verskeie winkelsentrums, aktiwiteite en teaters, ens. aan."
"Baie lekker dorp om te gaan ontspan. Lekker eetplekke en klomp goed om mens mee besig te hou. Dis verseker 'n moet om te gaan besoek."
"Een van di mooiste plekke. Kamer is pragtig. Diens is uitstekend! Sal definitief aanbeveel!"
"Gaan besoek gerus Mystic Monkeys and Feathered Creatures Zoo. Dit is 'n wonderlike, skoon en netjiese privaat dieretuin met omtrent alle moontlike ape, voëls en wilde katte daar te sien."
"Muckleneuk is sentraal geleë met 'n Spar net oor die bult en die Brooklyn-inkopiesentrum net 'n paar km weg."
"Die gastehuis was geleë in 'n baie mooi omgewing. Miskien te verwyderd van die middestad vir sommige persone wat reis vir saketransaksies, maar ek het dit verkies dat ek saans stilte en rustigheid kon ervaar en kon slaap in 'n omgewing sonder hoorbare stadsgeraas."
"Vir ons was dit goed geleë en as plattelanders was daar nie te veel geraas van die padverkeer nie."
"Nie regtig 'n toeriste bestemming nie, ons bly in sulke areas as ons vir die familie kuier."
"Interesting area - lots of history and obviously the underground tour of the Cullinan mine is a unique tourist attraction, as are all their little restaurants and gift shops leading to the mine entrance."
"Baie mooi, maar ek verstaan nie hoekom dit so baie kos om op jou eie deur die park te ry nie. Die park asem werklik heerlike wildtuin atmosfeer in. "