Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Wilgeheuwel is vir ons plattelanders 'n droombestemming met al die winkelsentrums en top restaurante."
"Omdat Pretoria Noord vir ons nog vreemd is, is daar 'n gevoel dat dit ver van die Malls is. Ons het wel by Wonderboom Junction uitgekom en by Ocean Basket iets gaan nuttig. Andersins was ons ondervinding fantasties."
"Paaie is in 'n patetiese toestand. Het met my motor deur 'n slaggat gery aangesien daar ook nie voldoende straatbeligting is nie. Swak."
"Ongelooflike bestemming om wild te geniet en nog steeds naby die stad en lughawe te wees. Klomp restaurante in Dinokeng met variasie van lekker kos."
"Selfry-roete is by tye baie moeilik om te volg met nie al die paaie wat aangedui is nie, en die roete nommers dui nie orals aan wat die nr van die volgende baken is nie. Maar dit is ook lekker om net rond te ry as jy tyd het. "
"Ons het die bos en die wilde diere baie geniet, ons het die hele reservaat platgery en dit was wonderlik. Die kaart is moeilik om te verstaan, maar het meer sin begin maak soos wat ons die plek leer ken het. Toiletgeriewe is skraps. Dit is 'n heerlike bestemming, na aan Pretoria en ons sal beslis weer daar besoek aflê."
"Silverfields is a peaceful and clean neighbourhood, that is close to shops and places so you wont struggle getting around."
"Edenvale is vir ons eerder die mees geskikte en sentrale punt vir naby skole vir sport byeenkomste, Oliver Tambo Lughawe en die Mall of Africa."
"Dis lekker naby geleë, dit het ons net 'n uur geneem van Johannesburg na ons bestemming. Al is dit net 'n paar kilometer noord van Pretoria, het dit 'n regte Bosveld gevoel. Dis 'n baie aangename vakansie oord."
"Daar is baie eetplekke en piekniek spots wat jy kan doen. Jy kan ook self ritte doen en diere kyk."
"Daar is 'n paar plekke om te besoek: die Rhino en Lion park was beslis 'n top punt van die omgewing."