Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1935 resensies.
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert. Maar definitief nie die laaste nie. Dis die mooiste dorpie. Lekker snuffelwinkeltjies, interressante mense. En geskiedenis. Daar is te baie om te doen vir een aand. Onthou om jou kuier te beplan vir 'n langnaweek."
"Daar is baie om te doen en sien in dié klein dorpie en dis die ideale bestemming as jy wil sterrekyk in die Karoo."
"Heerlike en rustige plek. Inwoners is so vriendelik en gasvry. 'n Plek om te geniet."
"Pragtige dorp met soveel mooi gerestoureerde huise van die 1800s, heerlike eetplekke en kunsgalery met groot verskeidenheid. Dorp word baie mooi instandgehou. Spookstories-staptoer in die aand was hoogtepunt."
"Ons was absoluut mal oor Merweville en sal beslis weer daar gaan kuier."
"Die Ou Meul - baie oulike restaurant. Sterrekyk net onmoontlik as dit bewolk is. Teleskope baie interessant - maak net seker jy het bewys van inenting anders gaan hulle jou nie toelaat op die perseel nie (besprekings vir teleskooptoere deur Quicket). Baie koud - so neem warm klere saam."
"Ons het die sterrekyk geniet, maar as die weer nie saamspeel nie, mors jy jou tyd. Net een teerpad in na die dorp as jy met 'n gewone voertuig ry. Wees bewus daarvan. Beslis net vir natuurliefhebbers."
"As jy hou daarvan om plattelandse dorpies te besoek dan is hierdie dorpie 'n juweel."
"Wonderlike dorp, sal enige tyd weer gaan! So goed onderhou en lyk versorg met liefde!"
"Dit is 'n prag deel van ons land wat gerus meer besoek kan word - Nou met die goeie reën het dit die omgewing met vol damme en spruite gelaat. Baie vriendelike mense."
"Magnificent. We had the book written by Mike and Beverley Moll as a guide to the Tankwa and will definitely visit again."
"Een van die mooiste Kaapse dorpe, veral met die Swartbergpas in die nabye ongewing en al die besienswaardighede."
"Baie intieme en kreatiewe klein dorpie wat baie het om te bied en die mense is gasvry verby."
"Benodig advertensieborde by die kruising om te wys dat die Pastoriehuisie net 'n paar meter verder is om af te draai."
"Friendly locals, excellent roads but very cold. Take your warmest clothes."
"Idilliese klein dorpie met pragtige landskappe en woonhuise. Die kultuur is 'n unike ervaring. Beslis 'n plek om te besoek."
"Het 'n bekende digter op die dorpie ontmoet. Dorp is skoon en die mense is vriendelik."
"Beautiful neat town with character and friendly people, definitely a must-see. Swartberg pass and Meiringspoort is spectacular."