Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1947 reviews.
"If you want a getaway to a place where it's just nature and wild animals - that's a great place to go. It is very clean too!"
"Marlothpark is 'n wonderlike plek om te besoek, maar mens moet by die reëls hou sodat dit vir almal wat kom kuier sowel as die diere 'n goeie ervaring kan wees. Die spoedgrens is daar vir 'n rede en so ook die versoek dat mense nie moet raas of mors nie. Ek kom weer en weer en weer terug na Marloth want dit is my hartsplek."
"Baie besig gewees oor die langnaweek (soos altyd). Paaie is in 'n swak toestand en benodig dringend aandag. Ons het vir 13 jaar 'n huis daar gehad en paaie was gereeld geskraap."
"Die grensdraad tussen Marlothpark en die Krugerkildtuin is kommerwekkend en in 'n baie swak toestand. Nie seker of dit die parkeraad se verantwoordelikheid is nie, maar kan verstaan dat daar leeus en ander diere maklik kan oorloop na Marlothpark."
"Ongekontroleerde werkers blyk problematies te wees. Stil eenhede (lock-up and go) kan maklik beset word in eienaar se afwesigheid en sonder eienaar se medewete."
"Daar is geen plek soos Marloth. Beste plek in die bos en natuur."
"Geweldig baie verkeer op die hoofstraat (Olifant), daar is elke dag baie mense wat langs die pad rondslenter en by die "besigheidskomplekse" se ingange rondsit."
"Van die paaie kort bietjie aandag – soms moeilik om met gewone voertuig te ry. Marloth kan meer van die bos teen die heining oopsny vir beter uitsig. Blyplekke is lekker privaat en ver van mekaar."
"Lekker naby aan Kruger Park. Baie diere. Geniet die wandelpad langs die grensdraad teen die Kruger Wildtuin."
"Dis een wonderlike belwenis in Marlothpark. Ek gaan beslis weer daar gaan vakansie hou. Die rustigheid en die natuur is werklik waar net wat mens nodig het uit die gejaagde Johannesburg."