Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6283 reviews.
"We simply love Marloth Park. It is one of our favourite holiday destinations. Simply put - "Heaven is a place on earth - Marloth Park!""
"Lekker toerismedorpie. Bird of prey was definitely een van ons hoogtepunte gewees! Dullstroom is net verskriklik duur en pryse van alles is hemelshoog! Vat genoeg van alles saam by die huis! (Net 'n tip) Geen Spar en sulke winkels nie!"
"Was nie een dag in die KNP gewees nie, maar het tog nog steeds 3 uit die groot 5 gesien. Die luiperdwyfie was pragtig. Ideale plek vir enigiemand wat van bos hou."
"Weens die geweldige gebruik van steenkooltrokke is die paaie van Delmas en deur na Paulpietersburg erg beskadig met honderde slaggate. Die paaie in die woongebied ook erg beskadig en plek-plek onrybaar."
"Sekuriteit by die hek is glad nie op standaard nie. Spoed in die park is 'n probleem."
"Winkels se inhoud was teleurstellend en min. Gaan gereeld deur Dullstroom en die diens by verskillende restaurante by verskillende geleenthede was skokkend en sleg. Kelners weet nie hoe om goeie diens te lewer nie!"
"Die dorp en area bly mooi, maar die dorpsbestuur sal iets omtrent die slaggate in die paaie moet doen. Dit maak afbreek aan die dorp, maar ten spyte hiervan sal ek weer kom."
"Dele van die dorp self is vervalle, die paaie is in 'n haglike toestand, baie kragonderbrekings ens ens ens."
"Riverside bungalows were close to all the adventures and places we wanted to visit. The Sabie Information office must be advertised more for tourists. We visited 2 other information offices that were closed down and eventually got to the right one. The potholes in Sabie and surrounding places must be looked at, please."
"Uitstekende dorpie vir 'n kort besoek. Die antieke winkeltjie het die beste fudge ooit! OH Fudge!"
"Die park moet 'n toegangsfooi vra vir nie-inwoners. Daar was mense met busse aangery wat so dronk was op die 16de Des. Bottels gebreek het en hulle wangedra het. Daar was ook op 'n ander dag 'n taxi wat by die swembadpark parkeer het en kliphard musiek geluister het. Dan betaal hy en sy vriende slegs R50 om die hele dag daar te wees. Maak Marlothpark toe vir dagbesoekers of vra hulle R200 per persoon om in te gaan."