Verified Reviews
Kruger National Park South
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger National Park South
Rated 4.6 out of 5 based on 2059 reviews.
Marloth Park, Kruger National Park South
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Dit was ons eerste keer daar en as ons weer in die area kom sal ons vir seker weer daar bly, ons het dit as baie veilig ervaar en dis by die wildtuin so jy kry regtig 'n gevoel van die wild. Ons het ook olifante gesien toe ons langs die rivier by 'n restaurant geëet het, wat nogal spesiaal was."
Marloth Park, Kruger National Park South
Peace of Marloth"Baie rustige plek, goeie alternatief om vakansie te gaan hou as die wildtuin te besig is. Ek sal weer Marloth Park toe gaan."
Marloth Park, Kruger National Park South
My Bushhouse (Bayt AlGhaba)"Daar's wel booms by elke ingang, maar beteken niks."
Marloth Park, Kruger National Park South
Kierieklapper River House"Wonderlik, behalwe die vreeslike duur/gemiddelde kos by Watergat restaurant. "
Mjejane Game Reserve, Kruger National Park South
Manzini River House"As julle julle hoofpad bietjie opknap sal dit 'n pragtige plek wees om te gaan vakansie hou. Die pad is baie besig dus is die pad uitgery, lelik en stowwerig."
Marloth Park, Kruger National Park South
Huis 7 @ Kruger Wild Dog Inn"Ons het al verskeie kere in Marlothpark gebly en dit was elke keer heerlik en ons het nooit onveilig gevoel nie."
Marloth Park, Kruger National Park South
Ximun Bush Lodge"Dit is vir ons baie lekker om te kuier in Marlothpark, en gaan ons graag daarna toe. Heerlik om net lekker te gaan rus en die pragtige natuur te kan geniet daar!"
Marloth Park, Kruger National Park South
Hornbill's Nest Tree Top chalets"As jy wil rustig wees en ontspan is Marlothpark definitief die plek."
Marloth Park, Kruger National Park South
Die Hartbeeshuisie"Uiters uniek en altyd lekker in die bos."
Marloth Park, Kruger National Park South
Meerkatgat 3341 Seekoei Road"A little piece of heaven on earth - love die bos."
Marloth Park, Kruger National Park South
Flight of the Eagle @ Kruger"Wonderlike bosveld-omgewing so naby aan die Krugerwildtuin."
Marloth Park, Kruger National Park South
Koekoek Guesthouse"Marloth Park is a wonderful holiday destination for relaxation and being one with nature."
"Die Wildtuin sal altyd vir ons spesiaal wees. Nou dat ons 'n bekostigbare plek het wat nie ver van die Wildtuin af is nie, sal ons vir seker meer gereeld gaan kuier. "
Marloth Park, Kruger National Park South
Big Tuskers Bush Camp"Marlothpark se grondpaaie kan gerus meer aandag kry. Verder geniet ek elke kuier daar werklik baie. "
Marloth Park, Kruger National Park South
Korhaan Self-Catering Cottage"Lekker plek vir oud en jonk en genoeg om jou besig te hou. "
Marloth Park, Kruger National Park South
Visarend's Roep"Marlothpark bied baie vir die gaste aan en is ook naby om dagbesoeke in die Krugerwildtuin te gaan doen."
Marloth Park, Kruger National Park South
The Promised Land"Hemel op aarde. Wens net die mense wil nie so vinnig ry in Seekoeistraat. Kinders het ook die supertubes baie geniet by the Bush center."
Marloth Park, Kruger National Park South
Marloth Bush Retreat"Het al menigmaal Marlothpark besoek en het al verskeie huise gehuur en dit is vir ons heerlik om Marlothpark toe te gaan en die handewerk van ons skepper naamlik die natuur en die diere, asook die rustigheid in te drink en net weer tot verhaal te kom na die gejaag in die stad."
Marloth Park, Kruger National Park South
Paradise 3844"Marlothpark bly een lekker rustige plek as jy wil ontspan en die natuur wil geniet en ook baie diere om te sien en die oulikste vlakvarke ooit."