Geverifieerde Resensie
Nieu-Bethesda
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 562 resensies.
"Pragtige klein dorpie. Sal graag weer soontoe wil gaan wanneer dit so bietjie warmer is dat ons in die aand lekker kan sterre kyk!"
"Pragtige ou klein dorpie! Uilhuis is 'n moet sien! Dit is nie uitspattig duur nie! Onthou om jou uil te koop op pad uit by die straatverkoper (hulle is ook baie billik). "
"Verkenning te voet deur die hele dorpie om regtig alles te beleef is die beste. Het ook voetbrug oor rivier terdeë geniet. 'n Besoek somer asook winter is uniek om die natuurskoon te beleef. Bespreek indien jy aandete wil eet by 'n restaurant."
"Ware juweel van 'n dorpie. Lekkerste sop by The Brewery geëet. Fossiel-liefhebbers paradys. Uil huis is 'n moet sien."
"Oulike dorpie, sal dit net eerder in die toekoms in die somer besoek. Was baie koud gewees met ons besoek. Skep geboude en netjiese strukture vir die plaaslike inwoners om hulle produkte te verkoop. Baie werkloosheid in die dorp en gemeenskap wat op hierdie manier aangespreek kan word. Die eetplekke baie duur. Voel die publiek word bietjie uitgebuit met hul buitensporige pryse!"
"Really enjoyed seeing the owl house, despite it being bitterly cold. It would have been nice to have more time there, but that was our fault not theirs."
"Mooi, skoon dorpie met netjiese huise. Het heerlik by die Tower Restaurant geëet. Dis 'n wenner plek met vriendelike mense."
"Voorheen was Clarens my gunsteling dorp in die land. Maar ek dink Nieu Bethesda het nou daai plek oorgeneem! "
"Interessante dorpie, pragtig as mens oor die berg inkom. Beslis ‘n unieke SA ervaring."
"Een van my gunsteling dorpies om te besoek en met oulike restourante en heerlike kos!"
"Food and drinks could be a problem as it is difficult to find open venues midweek (we visited out of season). "
"Nieu-Bethesda is a quirky little town off the tourist track. It is full of arty nooks and off-beat people. A true Karoo "dorpie" - well worth a visit for those who love peace, quiet and unspoiled scenery."
"Eet, verversings, snoeperye is onnodiglik duur. Was twee keer uitgebuit. Maak seker wat jy bestel is in detail bespreek, vra pryse vooraf om seker te maak julle praat van dieselfde ding."