Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 484 resensies.
"Sabie as 'n destinasie is beeldskoon, maar daar is nie regtig baie om te doen in die nabye omtrek nie, dus moet jy effens uit ry na al die betrekkings ens."
"Skouspelagtige klein dorpie tussen berge vol verrassings. Elke warerval het sy die bekoring. 'n Moet sien vir elke natuur liefhebber."
"Baie mooi dorp, net jammer als gaan so erg agteruit - veral die paaie. Beslis baie mooi wêreld en so groen."
"Up the security at the entrance. Make transport and security available to the waterfall. Thanks."
"Sabie is lekker sentraal want jy kan Hazyview toe ry asook Graskop toe ry en al die besienswaardighede daar ook gaan sien."
"Sabie is 'n fantastiese klein dorpie. Veral omdat dit die beste boekwinkel het! Dit is gerieflik naby Pilgrimsrus en enige ander plek wat 'n mens gou wil besoek. Baie beter as die vertrapping by die see!"
"Dis 'n bietjie vervelig vir tieners wat nie maklik maats maak nie. Swembaddens moet meer gereeld skoongemaak word. Dit sou lekker wees as daar 'n wipmat of selfs "volleyball" baan was, maar ek verstaan dat dit nie gewens is vir die weer nie. Ons het dit regtig baie geniet."
"Die natuur is pragtig en altyd die moeite werd om die dorp te besoek. Ongelukkig ervaar Sabie daagliks "load shedding" wat nie gerieflik is nie. "
"Sabie is a nice town and clean. It is a beautiful part of the country and within day visits there are several activities within nature to enjoy. It has 3 or 4 petrol stations and 4 or more liquor outlets. However, if you need items other than alcohol or fuel and the local Spar doesn't sell it, there is very little options available other than a day trip to Nelspruit/Mbombela. Some of the restaurants in town were disappointing in that items on their menu's were not available."
"If beautiful countryside, waterfalls, clear streams and rivers, hiking and magnificent scenery is your desire then this is the place for you. You can drive to various places and pay small entry/parking fee entry or hike and see stuff for free. And if you are into fly fishing then a day on Sabie River is sure to score a trout or two. Visit Andrew at the local Blue Sky fishing tackle shop and by a day fishing licence or even a rod & reel with a few flies to go."
"Beurtkrag moet vooraf gewaarsku word. Sal 'n tyd aanwysing van wanneer krag aan en af gaan wees, behulpsaam vind."
"Sabie en omliggende dele is netjies skoon. Dit is regtig 'n aangename plek om te bly en sentraal geleë om ander plekke te besoek."
"Baie mooi toeriste dorpie, nie te ver van die Kruger Nasionale Park nie. Daar is baie besienswaardighede in die omgewing."
"Pragtige omgewing. 'n Paradys met die motorfiets. Ons geniet die paaie en natuurskoon geweldig."
"Ek kan nie dink Sabie was die dorp van die jaar 2012. Tot nou toe het die dorp baie agteruit gegaan."
"Kuier gereeld by, in en om Sabie, sedert 1995. Bly nog steeds 'n wonderlike vakansie bestemming, veral vir ons wat motorfiets ry, stap en bosse besoek."
"Die dorpie Sabie is ryk aan geskiedenis met pragtige natuurskoon (maar iets sal gedoen moet word aan die swak paaie na die watervalle)."