Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 2176 reviews.
"Ons was baie beïndruk na al die negatiewe kommentaar wat ons ontvang het oor Margate."
"Pennington se strate is in 'n benarde toestand. Pennington self is skoon en mens voel lus om 'n ruk daar te kuier. Dit was wonderlik om te sien hoe die mense stap of fiets ry. Kyle se kos by die Ski Club met sy diere-vriendelike fasiliteit en pragtige uitsig het ons ’n paar maal teruggelok! Ons het ook baie lekker kos met kaaskoek geniet as wegneemete by die Kiosk. (Diere word nie, toegelaat nie maar indien mens vooraf reëlings tref, is daar genoeg plekke wat wel diere toelaat.) Hopelik is die strande oop vir ons volgende besoek. Die gemeenskap kan met rede trots wees op hul dorp. Bravo!"
"Weens Covid-regulasies kon ons nie na die swemstrand faan nie. Hibberdene het alles wat nodig is, maar gerieflike aankope van goeie gehalte is beter by Port Shepston."
"Lekker sentraal. Sunwich Port is die ideale wegbreek as jy massas mense en besige strate wil vermy."
"Kingsburgh proved to be a very good destination. Not too crowded and had all the facilities required for beach holiday."
"Dit is 'n klein dorpie , maar baie stil en rustig. Daar is vele strande om Kingsburgh wat besoek kan word so dit maak elke dag opwindend en iets om na uit te sien."
"Alle nodige winkels is baie naby en snelweg ook naby genoeg om ander gebiede te bereik."
"Ons kom al 'n hele paar jaar na Uvongo toe. Dis mooi, stil en die mense is vriendelik!"
"Pennington kort so 1 of 2 wegneemeetplekke asook 'n vulstasie. Die OK was so-so, sy voorraad soms bietjie beperk, so 'n groter supermark sal ook nie skade doen nie, maar ek sal enige tyd weer Pennington as strand gebruik."
"Baie mense was baie siek oor die rioolprobleem in die area wat mense siek gemaak het. Ugu is pateties!"
"Ons het meer uit gery na plekke toe aangesien daar nie veel in Kingsburgh is nie maar a.g.v. die ligging is dit nie 'n probleem om uit te ry nie want dit is lekker sentraal."