Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 8037 resensies.
"Baie lekker en die moeite werd, wonderlike ervaring in en om die dorp, heerlike eetplekke en mooi winkels."
"Clarens is 'n toeriste dorp. Ons het dit geniet om deur die dorp te loop en na al die winkeltjies te kyk, maar ek sal nie sommer iets daar koop nie want dis bietjie duur. Dis 'n pragtige dorpie en ek sal die dorpie graag weer wil besoek."
"Clarens is 'n baie interresante en pragtige dorpie. Het dit beslis geniet. Uitsig was pragtig. Oulikste winkeltjies en vriendelike mense."
"Parys met al sy antieke- en kunswinkels is 'n belewenis. Woensdae tot Sondae 2nm beste tye. "
"Ek het Clarens baie geniet , al die berge en skoon lug en mooi natuur. Die rustigheid was vir my so genotvol. Die mooi winkeltjies en restaurante was ook iets om te geniet."
"Bethlehem kan meer bemark word aangesien dit net 36km vanaf Clarens is, en dit baie meer bekostigbaar is as in Clarens. Dit het sy eie bekoring met 'n pragtige natuurskoon. "
"Die mense is baie vriendelik en dis baie lekker om orals heen te loop en al die mooi goed te sien."
"Oulike staproetes in 'n baie besondere stuk natuurskoon. As jy nie 'n kunsliefhebber is nie, is daar nie veel aan die dorpie nie."
"Parys is werklik 'n belewenis, om slegs 150km vanaf JHB af te ry en hierdie dorpe te besoek op 'n naweek is definitief die moeite werd. Koffie winkels, antieke winkels van die boonste gehalte, lekke gees in die aande by die restuarante en die vriendlikste mense wat ek al teëgekom het. Parys en sy gasvreiheid sal ons definitief gou weer sien."
"Ons het Clarens baie geniet, al was dit 'n druk tydperk met baie toeriste. Ons aanbeveling is dat daar meer parkering beplan word om groot groepe mense in besige tye te akkommodeer. Ons was 3 jaar terug in Clarens en was verbaas dat die spyskaarte van restaurante so afgeneem het in die hoeveelheid opsies."