Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36824 resensies.
"Sentraal geleë en die rustigheid sal jou altyd laat stop al is dit net vir 'n koppie koffie."
"Wil dit nog bietjie meer "explore". Behou sy pragtige wit(huiskleur) karakter."
"Stellenbosch is 'n baie besondere en karaktervolle dorp vol geskiedenis."
"Mal oor Swellendam omgewing, baie om te doen in klein radius. Natuurskoon en buitelig-aktiwiteite is legio."
"Montagu en omgewing is 'n baie mooi deel van die land en 'n mens kan na baie plekke ry."
"Uitsigte fantasties, veilige stil buurt. Alle geriewe wat jy aan kan dink minder as 'n halfuur op die verste. Wonderlike plek om tuis te gaan."
"Absolute pragtige dorpie! Die mense is so vriendelik en behulpsaam! Gaan definitief terug!"
"Prins Albert is werklik die moeite werd om self drie nagte te spandeer, ons het die aandmark bygewoon en daar geëet - danksy Megan wat ons ingelig het - en sommer deel geword van die permanente inwoners. Die atmosfeer en die samehorigheid was heerlik vir stadsjapies om te ervaar. Ons het ook die Amanda Strydom vertoning bygewoon in die pragtige teater! Voorstel - besoek die dorp oor 'n naweek sodat jy die oggend- en aandmark kan meemaak. Die inligtingsburo is behulpsaam en die karate heel skaflik. "
"In Beaufort is 'n heerlike tuisnywerheid met allerlei lekkernye. Het heerlike bobotie asook lekker appeltert, custard slice en caramel horinkies gehad. Tessie se tuisnywerheid, het deelgeneem aan Kokkedoor 2014. Kan dit beslis aanbeveel."
"Ons het absoluut verlief geraak op die dorpie, en daarom byna nie lus om die dorp te "adverteer" nie. Dit sou so jammer wees as die karakter van die plekkie sou verander. Ons het die dam buite die dorp besoek, en stel voor dat die brosjure aangepas word, aangesien die pad daarheen beslis nie deur 'n gewone motor bereik sal kan word nie. Daar is ook geen aanwysingsborde binne die Cape Nature gebied nie."
"Dit is werklik 'n plekkie waar 'n mens kan ontspan en die ongereptheid van die natuur kan geniet! Verfrissend."
"Lekker ontspanne dorp met baie vis, naby De Kelders, Kleinbaai ens. Gansbaai is 'n besoek werd."
"Ons is vir baie jare vertroud met Hermanus, dit het lekker koffiewinkels en eetplekke en gedurende wintermaande is dit heerlik stil. "