Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Zululand

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Zululand bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1073 resensies.

Jozini, Zoeloeland

Cycad Rock Fishing Lodge

"Dorp oor kerstyd baie besig. Neem jou eie goedjies saam om nie die nodigheid te hê om dorp toe te gaan nie."

Pongola, Zoeloeland

Somkhanda Big 5 Tourism

"Ek sal nie graag in Pongola self wil bly nie, maar dit lyk of daar genoeg fasiliteite rondom Pongola is wat baie aangenaam kan wees. Deur naby Pongola oor te bly op pad na Mosambiek kan jy vroeër by die grenspos wees, alhoewel dit nogsteeds 'n rukkie neem a.g.v. toestand van paaie en vee wat vrylik daar rondloop."

St. Lucia, Zoeloeland

Kings Palace

"Daar was nie veel om te doen om kinders besig te kon hou nie, veral as dit reën. Baie duur."

Empangeni, Zoeloeland

Bernevece Bed & Breakfast

"Die dorp self lyk 'n bietjie gehawend. Ek weet ook nie van enige trekpleisters daar nie."

St. Lucia, Zoeloeland

Turtleshaven

"Baie om te doen en te sien, veral as jy kinders het, indien die weer dit toelaat."

St. Lucia, Zoeloeland

62 The Bridge

"Persoonlik was St. Lucia as 'n geheel vir my 'n teleurstelling. Vandat ek 6 jaar oud was het ons jaarliks St. Lucia besoek, en die dorpie is glad nie meer soos dit was nie. Die strate is besoedel met bedelaars, en taxi's met klipharde musiek, strate lê vol rommel. Sommige winkels en restaurante se staff is bot en onvriendelik, vir 'n buitelandse toeris dink ek dit sal 'n skok wees. Ek het ook gevind dat pryse uitspattig duur was ongeag die winkel of eetplek. Cape Vidal staff offer nie meer padkaarte nie, asook die padaanwysingsbordjies vir afdraaipaaie, is onsigbaar. Die badkamers was haglik. Selfs die natuurlike lewe word stadig maar seker weggejaag na stiller areas. Die strande bly die heel mooiste met visse wat saam met jou swem en die snorkelgeleenthede. Die verskeie voëls wat jou wakker sing soggens. Die mooiste handkunswerke wat lokaal verkoop word."

Hluhluwe, Zoeloeland

Pumusa Bushcamp

"The Boxer store is really neat and tidy, the "town" (maybe 1 km max consisting of 2 fuel stations, 2 grocery stores and a handful of other stores/roadside vendors) had a lot of litter which is far less than ideal."

St. Lucia, Zoeloeland

The Estuary Guest Chalets

"Klein dorpie en baie veilig. Kan te voet deur die hele dorpie loop wat wonderlik was! Verbaas oor hoe baie plastiek rommel rondgelê het en die pynappels wat net op 'n hoop gegooi word, het vreeslik begin stink. Dalk meer aandag daaraan gee om area skoon te hou."

St. Lucia, Zoeloeland

Tree Top Village @ Urban Glamping

"St Lucia has so much to do. From visiting local game reserves, beaches, fishing, horse riding, bird watching, lovely restaurants, hippo/crocodile cruises, nature walks and peace!"

Richardsbaai, Zoeloeland

Hillton Manor Guest House

"Relaxing atmosphere and friendly people."

St. Lucia, Zoeloeland

Manzini Chalets 8 9 10 37

"Lekker strand, wild en rustige dorpatmosfeer."

Sodwanabaai, Zoeloeland

Camp Jonathan

"Dis 'n lekker plek, maar die feit dat jy elke dag moet betaal om die park te mag binnegaan is nie. Selfs as jy net wil winkel toe gaan, of selfs na die oord se restaurant toe gaan moet jy betaal om in die park in te gaan - dit sit 'n demper op 'n mens se tyd daar. Verder is die strande skoon en veilig en ons het dit baie geniet."

St. Lucia, Zoeloeland

Stokkiesdraai

"Baie om te sien, netjies en skoon."

Sodwanabaai, Zoeloeland

Dune View Cottage

"Enige see- en natuurliefhebber se droom. Locals is baie vriendelik."

St. Lucia, Zoeloeland

Flamboyant 10

"St. Lucia steel elke keer 'n groter gedeelte van my hart."

St. Lucia, Zoeloeland

Shonalanga Lodge

"St. Lucia bly 'n gusnstelling bestemming."

St. Lucia, Zoeloeland

Lake St Lucia Villas

"Hoop dat die meer weer kan wees soos dit was."

Mtunzini, Zoeloeland

Umlalazi Cottage

"Die dorp is baie klein, maar ook baie skoon en netjies. Die woonwapark lyk besonders aantreklik en windbeskut met baie groot bome. Dis net agter 'n sandduin van die see af. Ongelukkig is min of geen gastehuise beskore met 'n see-uitsig weens die bos en sandduine nie."

St. Lucia, Zoeloeland

Shonalanga Lodge

"Die beste bekostigbare vakansiebestemming. So 'n pragtige, skoon dorpie. Jy kan in die nag op jou eie gaan stap en steeds veilig voel. Lieflike klein restaurante. Soveel om te sien en te ervaar. Die bos en see bymekaar. Soveel wild om te besigtig. Pragtige natuurskoon. Cape Vidal is ook nie ver daarvandaan nie en absoluut pragtig. Ideaal om te snorkel en pragtige seelewe te sien. Dan is daar Mission Rocks wat ongelooflike mooi see-uitsig het. Absoluut die moeite werd."

Richardsbaai, Zoeloeland

The Bayview Hotel

"Die dorp word redelik deur beurtkrag beïnvloed, in so 'n mate dat slegs beperkte winkels oop bly (meeste restaurante maak toe, insluitend Spur) en vleis en roomysopsies is beperk."

Hluhluwe, Zoeloeland

The Fever Tree Guest House

"Het ons kuier by die Ngweni Railroad Brewery baie geniet. Naby genoeg aan Hluhluwe Wildtuin om die aande in Hluhluwe te spandeer."

St. Lucia, Zoeloeland

18 Villa Mia

"Loved the whole experience."

Mtunzini, Zoeloeland

The Floral Cottage

"Wel 'n beslommernis om op die strand te kom met die deursoek van die motor elke keer opsoek na drank. Net om by die parkeerarea verskeie vakansiegangers met drank in die hand te sien. Het Zinkwazi strand meer geniet! Mtunzini se natuurskoon is egter pragtig asook mooi strande met sandduine."

Sodwanabaai, Zoeloeland

Vis-Agie Resort

"Kyk mooi waar en wat jy bespreek, veral as jy nie die plekke ken nie! Betaal eerder bietjie meer vir "aircon" en geriewe veral in die somer."

St. Lucia, Zoeloeland

Tree Top Village @ Urban Glamping

"As any tourist destination, you are harassed in your car by so-called car guards, but when they are in official uniforms and keep asking for favours to get to the beaches etc. is annoying. Also no restaurants or bars have views overlooking the sea or lagoon."

Pongola, Zoeloeland

Kastelein

"Ons gebruik Pongola as 'n pitstop voor ons verder reis. Maak ongelukkig nie van hul toeriste bestemmings gebruik nie, maar ek weet daar is 'n paar mooi plekke."

Blad
Blad 5 - Wys 121 tot 150
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang