Geverifieerde Resensie
Zululand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Zululand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1073 resensies.
"Ons beveel St. Lucia aan vir almal wat 'n wegbreek kort van alles. Hier kry jy bos en see in een pakket. Ons het by die Ski Boat Club gaan eet en die heerlikste garnale geëet asook die eisbein. Dit was heerlik. Cape Vidal is een van die mooiste strande. Hier het ons gesnorkel en die golwe is baie rustig vir die wat wil swem. Ons het gebruik gemaak van Fannas vir ons bootuitstappie en op ons nag-wildrit het ons Senzo gehad as ons toergids. Albei sal ek aanbeveel. Senzo van GO Safaris St Lucia is 'n mense mens en maak jou baie gemaklik voel en het baie kennis."
"Dit sal help om met 'n 4x4 te gaan sodat jy omliggende plekke kan gaan besoek of indien die paaie verspoel na die reëns. Ons het wel met 'n gewone "double-cab" bakkie daar uitgekom en dit was nogsteeds Awesome!"
"It is a beautiful town, clean and the community as a whole is friendly and always willing to assist you."
"St Lucia was a long travel (8hrs) not your fault. There was not much to do for kids in area. We had to drive to go see/look for entertainment for kids. Estuary was overgrown. Could not see any birdlife amongst reeds. Shops at estuary perking did not have much to buy, only ice-cream and cold drinks. At the beach/fishing spot, it was also overgrown and a distance to the beach. Kids did not enjoy the long walk."
"'n Birders paradise! Dorp skoon sonder enige vuilgoed in strate. Toilette oral vir dag besoekers wat skoon en gediens is. 'n Baie aangename verrassing om 'n dorp so te beleef!"
"Die dorp is maar verwaarloos soos alle plattelandse dorpe deesdae. Heelwat winkels vir alles wat mens kan benodig."
"St. Lucia is 'n pragtige plek met vriendelikheid en die mooiste natuur, die apies is te kostelik en kom besoek 'n mens vroeg in die oggend, vir seker een van die top vakansiebestemmings."
"Dit is so 'n pragtige, klein dorpie skoon en netjies en almal so vriendelik. Ek besoek slegs Mtunzini vir rolbal."
"Dit lyk of die inwoners moeite doen om die plek skoon en netjies te hou. Welgedaan! The Clay Oven is 'n wonderlike restaurant met vinnige WiFi."
"We have been there several times but later in the season. Then it is a more lively place. Plenty of activities to spend your time."
"Typical rural community place. Meals can be enjoyed in the Anew hotel and in the Ngweni Railroad Brewery next to the nursery with the same name just outside the village."
"Richards Bay in bad weather and out of season is not recommendable. But Porky's restaurant on the golf estate was very good."