LekkeSlaap blog
Kategorie: Mpumalanga
Bobaasboswegbreke: 7 pragtige verblyfopsies in Marlothpark
Jeuk jou voete om uit die Goudstad se gewoel te ontsnap en werklik te ontspan? Dan is dit tyd om Marlothpark in te vaar. Dit is die perfekte plek om die vars bosveldlug in te asem en jouself in die natuur te verdiep. Hierdie unieke vakansiedorp is ’n wildreservaat waar diere vrylik rondloop en dit […]
6 van ons gunsteling-glanskampplekke in Mpumalanga
Smag jy na ’n wegbreek in die natuur, maar is nie lus vir die moeite om jou eie tent op te slaan nie? Moenie verder bekommer nie! LekkeSlaap het die beste glanskampplekke in Mpumalanga bymekaargemaak waar jou volgende vakansie so moeiteloos en onvergeetlik moontlik sal wees. Mbizane Escarpment Retreat Schoemanskloof Kom ervaar die ongelooflike natuurskoon […]
Groepsverblyf met Jacuzzi’s
Groot gesinne en groepe is teen hierdie tyd al gewoond aan die unieke uitdagings wat hulle byna daagliks in die gesig staar, maar ten minste hoef verblyf g’n klip in hul pad te wees nie. Maak al die kinders, die hele familie en sommer die harige vierbeenvriende bymekaar vir ’n ontspannende wegbreek met oorgenoeg slaapplek […]
Mpumalanga: Aktiwiteite vir jou volgende avontuur
Mpumalanga is ’n pragtige provinsie propvol natuurlike wonders en avontuur-aktiwiteite wat besoekers van heinde en verre lok. Van ruwe berge, welige woude en watervalle, tot uitgestrekte vlaktes waar die wild vrylik rondloop, bied Mpumalanga ’n speelgrond vir alle soorte avontuursoekers. LekkeSlaap het ’n gids vir jou volgende besoek aan hierdie opwindende provinsie saamgestel én wys […]
Woerts-warts deur die Wild Frontier
Die Wild Frontier is ’n pragtige, minder bekende streek in Mpumalanga wat grense met die suide van Mosambiek, die noorde van Eswatini (voorheen Swaziland) en die suide van die Krugerwildtuin deel. Daar word soms na dié area as die “Wieg van die Lewe” verwys omdat daar meer as drie miljard jaar terug verskeie belangrike argeologiese […]
Troeteldiervriendelike verblyf naby Johannesburg
Ons weet dis hartverskeurend om jou vierpootkinders by die huis te los wanneer jy met vakansie gaan. Met LekkeSlaap.co.za se handige troeteldiervriendelik-filter is daar geen rede waarom Wagter nie saam met jou kan reis nie. Ons het dit goedgedink om hierdie lys naweekwegbreke buite Johannesburg bymekaar te maak waar troeteldiere welkom is, mits dit vooraf […]
Rivier- en damwegbreke buite Johannesburg en Pretoria
Daar is niks wat jou só lekker laat ontspan soos om langs die water te sit nie. Die kalmerende effek van ’n rivier wat kabbel of ’n dam met al sy voëlgeluide laat jou vinnig van die stad se geraas vergeet, en daarom het LekkeSlaap ’n lys van tien waterwegbreke naby Johannesburg en Pretoria opgestel […]
10 dorpe om in 2022 te besoek
Met ’n nuwe jaar is daar hope nuwe geleenthede vir wegbreke en opwindende plekke om te verken. Ons land spog met ’n diverse landskap en bekoorlike dorpies wat iets vir elkeen bied. LekkeSlaap het na van die gewildste bestemmings vir 2021 gaan kyk en ’n lys van dorpe wat julle in 2022 móét besoek saamgestel. […]