Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3057 resensies.
"Altyd 'n lekker wegbreek. Dorp se infrastruktuur word onderhou. Winkels sukkel steeds na Covid met afname in toeriste, maar is steeds mooi en die moeite werd. Die omgewing lyk goed. Golden Gate was die besonders mooi na goeie reën. Baie beperkte inkopies vir selfsorg, gaan voorbereid en geniet Vrystaatse gasvryheid in die baie mooi area."
"So baie om te doen in so min tyd. Ons was daar vir 5 dae en het nogsteeds nie by alles uitgekom nie. Sien julle weer."
"Natuurliefhebber lushof. Verskeie opsies vir staproetes. Verskeidenheid restaurante."
"Sou nie die naweek gekies het as ons geweet het van die marathon op die dorp nie. Baie besig en atmosfeer op dorp dan nie rustig nie."
"Jammer dat ons nie geweet het van die marathon op die dorp die naweek nie. Die atmosfeer was effe nie ideaal nie, en baie mense."
"Love the quaintness of Clarens. The art gallaries and deli's are to die for."
"Altyd lekker om in die pragtige dorpie te kan kuier met al die interessante winkeltjies en heerlike restaurante, en 'n klipgooi van die Golden Gate Nasionale Park wat altyd 'n besoek werd is."