Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3570 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Ark Mountain Lodge"Clarens is 'n mooi dorpie met heelwat toeriste besienswaardigheid, eet- en kuierplekke. Ons het die kuier geniet en sal weer gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Woodlands Retreat"Vreeslike lekker plek om vriende te maak en net die buite lewe te geniet, volgende een is "white water rafting"."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Linwood Guest Farm"Die omgewing is pragtig en ons het lekker die aand by die Highlander geëet. Die winkel by die petrolstasie was goed toegerus en moes al baie mense goed te staan gekom het. Ons kon darem vuurhoudjies en starters daar koop. Maar ai, die armoede om die dorp, die hartseerstorie van Suid-Afrika!"
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Goedgeleë"Lekker restaurante en 'n goeie alternatief vir Clarens wat net te duur geword het vir dit wat jy kry."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Upper House"Regtig 'n plekkie om te sien en ervaar. Ons het dit platgeloop."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Accommodation @ The Spa"Ons sal definitief weer Clarens toe gaan. Die atmosfeer was vrolik en gasvry."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Oulike ondekking van 'n pragdorpie ryk aan verskeie kulture."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Haven't been in Fouriesburg, but we went to Clarens a couple of times."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Paddocks 6"Altyd lekker, my meisiekind se gunstelingbestemming in die winter."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Gemaklike oornag dorpie wat baie vir enige toeris kan bied. Koffie en kos by die Plaas Stoep is aan te bevel."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Woodlands Retreat"Heerlike omgewing om van die gejaag van elke dag af weg te kom. Baie dinge om te doen vir dié wat nie net wil rus nie."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sandstone Chameleon Guest House"Baie klein dorpie met min om te doen as hy baie verwag. Maar dis lekker stil en rustig en net wat mens soms nodig het om te ontspan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Collett House"'n Stukkie van die Vrystaat wat jou laat verlang sodra jy by die dorp uit ry. Dis seker een van die mooiste dorpies ooit! Kan maklik jou hart daar verloor."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Goedgeleë"Mooi omgewing met al die sandsteen geboue. Bly daar oor en besoek Clarens. Goedkoper en rustig."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Lakeview Cottage"Ons geniet Clarens enige seisoen van die jaar."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Oulike plekkies om te besoek."