Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5363 resensies.
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
À la Maison Boutique Guesthouse"Baie bly om te sien dat van die strate darem nou reg gemaak word! "
Kosmos, Ontsnap Uit Johannesburg
Galagos Lodge Guest House"In Kosmos self is daar geen eetplekke nie - 'n mens moet die veiligheidsarea verlaat om iewers aandete te kry."
Broederstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Cynthia's Country Stay"Pragtige plek vir 'n gesinswegbreek!"
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Schilbach House"Die paaie is baie sleg, maar 'n heerlike rustige plek waar 'n mens lekker in die straat kan loop waar al die antieke winkels is. Ons het dit baie geniet. baie dankie."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Schilbach House"Dit was vir ons baie aangenaam, maar die pryse van veral die antieke winkels was vir ons skokkend hoog. Jammer ook dat omtrent al die winkels om 4 nm toemaak en eers 9 uur in die oggende eers oopmaak. Ons het laat daar aangekom en moes vroeg die volgende oggend weer ry. Ons sou graag nog 'n paar winkels wou besoek maar kon nie tot 9 uur wag nie."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Kohandè Glamping"Gerieflik naby aan Johannesburg en Pretoria. Ideaal vir 'n naweekwegbreek."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Koedoesrus Boskamp"Dinokeng is an easy drive from Johannesburg and is a lovely park. It's true that the game is quite sparse but we still saw quite a few animals and some wonderful birdlife. We had a very relaxing and enjoyable day out on the self-drive route. For what you pay and the ease of access the park is good value for money and definitely a good place for a long weekend."
Panorama, Ontsnap Uit Johannesburg
Sewende Hemel"Kroonstad was eens op 'n tyd 'n wonderlike dorp, maar is ongelukkig nou 'n rommelhoop."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Kleinplaas Guest Farm"Ons besoek Potchefstroom uitsluitlik vir Pukke/NWU."
Schoemansville, Ontsnap Uit Johannesburg
The Art Guesthouse"Ons het nie regtig rondgery nie, maar dit lyk baie gewild met al die dagbesoekers van die stad."
Mieder Park, Ontsnap Uit Johannesburg
Cherry On Top Self Catering Establishment"Goeie oornagbuurt."
Grimbeek Park, Ontsnap Uit Johannesburg
Ainsley Private Accommodation"Pragtige boomryke area en heerlik rustig."
Villiers, Ontsnap Uit Johannesburg
Naguiltjie Guesthouse"Villiers lyk asof hy stil gaan staan het in tyd. Dit is 'n stil dorpie met vriendelike mense."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Rose Acres Guest House"Dis jammer dat die museum gesluit was tydens ons tyd daar. Ons sou graag daar 'n draai wou gaan maak. "
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Doringbos Lodge"Parys is 'n tipiese Vrystaatdorpie met aanleg. Die rivier en alles wat jy daar kan doen is baie opwindend. Breëstraat is natuurlik die grootste trekpleister vir my gewees."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Sunset Bush Camp"Dinokeng is 'n natuurreservaat wat maklik bekombaar is vanaf Pretoria of Johannesburg. Die reservaat is groot en het baie paadjies en 'n groot verskeidenheid wilde diere. Ons het ongelukkig nie enige van die Groot Vyf gesien nie, maar dit was baie ruig. Dinokeng kan beter bemark word, aangesien ons glad nie geweet het wat om te verwag nie en hoe dit werk as jy eers daar aankom nie. Ons ken ook baie min mense wat al daar was, al bly ons in Pretoria en dis al vir 6 jaar oop. Die afsonderlike kampe word baie bemark maar nie die reservaat self nie. Die paaie is ook bietjie rof vir 'n gewone Sedan, maar verder was dit baie lekker."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Schilbach House"Ek was baie teleurgesteld dat Mimosa Tuine se swembad ens. toegemaak het. Ek het oral in die dorp rondgevra maar niemand het geweet waar ek die kinders kon vat nie. Behalwe dat ek nie 'n swembad kon kry nie, is Parys 'n baie rustige, skoon en veilige dorpie. Perfek om weg te breek van die stad se gejaag!"
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Destiny Lodge - Cullinan"Kan jy glo dit is die eerste keer wat ek in Cullinan was en die dorpie is fantasties. Ek glo net Cullinan doen nie genoeg bemarking nie en dit sal baie hartseer wees as alles moet uitsterf - kyk net hoe het Parys begin blom. Cullinan julle moet plan maak."
Bethlehem, Ontsnap Uit Johannesburg
La Croche Guest Lodge"Naby Clarens. Geen behoorlike restaurante nie. "