Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5363 resensies.
Kroonstad, Ontsnap Uit Johannesburg
Lamon Guesthouse"Ons wou graag Kwêla se Vrystaatse dorp van die jaar sien en was beslis nie teleurgestel nie."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
A Touch of Grace"Ek love Potchefstroom. Die mense in Potchefstroom is awesome. Vriendelik, behulpsaam en Afrikaans."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Um die Ecke"Dalk bietjie duur. Besighede maak misbruik van die feit dat dit 'n studentedorp is en buit mense uit wat by hul kinders wil gaan kuier. "
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Cynthia's Country Stay"Daar is soveel om te doen! Ons is natuurmense en het die kabelkarretjie na bo geneem om 'n entjie op die berg te gaan stap - ideaal vir pensioenarisse wat nie meer kans sien om die hele staproete aan te pak nie, maar tog bietjie stil wil staan by die inheemse bome van die Magaliesberg."
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Damview Holiday Accommodation"Baie doendinge in omgewing, goeie eetplekke met lekker kos. Net jammer dam is oorgroei met hiasinte en vuil."
Deneysville, Ontsnap Uit Johannesburg
New Beginnings B&B"'n Dorpie op die afdraande pad, maar met soveel potensiaal vir uitbreiding en opgradering. Sal baie graag oor 'n jaar of wat wil teruggaan en kyk wat het verbeter!"
Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg
Plaas Toe"Kan beslis vooruitgang sien sedert laaste besoek in 2019."
Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg
Marulani Bush Lodge"Dinokeng is a nice reserve, not far to travel from Gauteng. Trail paths numbers need to be upgraded. There was rubbish in the bush (bottles, tins, take away container etc) maybe the management/rangers of a lodge/property can look into this. More signs of informing public visitors that animals have right of way as cars overtake on the main road and scare off wild life crossing the main road. Put clear loop signs. All in all it is a nice reserve and will recommend Dinokeng and will be back in the near future"
Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg
Honey Lodge"Dit sal nice wees as daar 'n ekstra speelplekkie vir kinders is."
Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg
Cayail Bush Lodge"A good option to escape the city. Get into the bush just an hour away from Jo'burg. Self-drive routes are well marked and had some good sightings of game and birds. Not the biggest reserve, but convenient for a quick getaway."
Skeerpoort, Ontsnap Uit Johannesburg
The Meadows At Millstream"Hier is nogal heelwat om te doen binne, ek sal sê, 'n radius van 30 km. Heerlike restaurante en aktiwiteite in die omgewing."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
A Touch of Grace"Ongelukkig nie tyd gehad om dorp te verken nie."
Sasolburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Friedenheim B & B"Ek was slegs in Sasolburg op besigheidreis, die paaie is nie in 'n puik toestand nie, so mens moet definitief mooi kyk waar jy ry en versigtig ry. Alles is binne bereik en geen ander klagtes."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Gaste Plaashuis Oudevlei"Potchefstroom en omgewing het baie om te bied soos restaurante, ontspanningsplekke en goeie weer, ook teen billike pryse."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Six Second Avenue"Dit was ons eerste keer daar, so ons sal beslis weer teruggaan. Al die mense is baie vriendelik!"
Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg
Kudu Bush Camp"Die wild is maar 'n bietjie skraps."
Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg
Hanati Chalets"Sou baie graag die Dinokeng resort wou verken, maar was nie toegelaat nie, en dit nadat mens myle op 'n verskriklike sinkplaatpad ry. Die Arlington Brewery is 'n welkome verrassing en baie bekostigbaar."
Magaliesburg, Ontsnap Uit Johannesburg
African Hills Safari Lodge & Spa"Lekker plek en die olifante is 'n bonus."
Elandshoek Rayton, Ontsnap Uit Johannesburg
Die Boshuisie"Ons het nie die omgewing verken nie. Ons was opsoek na stilte en rustig wees."
Dinokeng Wildreservaat, Ontsnap Uit Johannesburg
Mooiplasie Bush Camp"Heerlike wildtuin-gevoel, nie te ver van die huis af nie."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Abelia Guest Rooms"Mooi plek vir dagbesoeke en moontlike vakansie."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Hidden Grace Self-catering Unit"Beautiful town, well looked after and peaceful."
Frankfort, Ontsnap Uit Johannesburg
Linkview Home"Die dorpie en sy gasvryheid het my baie verbaas."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Bietjie Bosveld Lodge"Het Kooperasie en Hennies baie geniet."