Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1907 resensies.
"Mooi skoon dorp. Vriendelike mense. Heelwat om daar en in omgewing te sien en te doen. Sal definitief weer Kakamas besoek. Was verras."
"Upington seems to be a pretty spot on with stop overs. There are more than enough places to choose from with varying prices. There are plenty of facilities in Upington. Upington seems to be a well functioning town/city and again as said before on my travels, it would be great to make the residents aware of the rubbish along the road side and to do a clean up. It can only add economic value to the place as travelling locals."
"Ek glo as die park weer oop is, sal dit die trip die moeite werd maak, veral as jy van ver kom om die waterval te sien."
"Fantasties. Net jammer dat daar so min plaasstalletjies wat vrugte van die omgewing bied, is. "
"Ons het Augrabies gaan kyk, so ons tyd was beperk. Dit was steeds ’n heerlike wegbreek."
"Baie mooi dorpie en gasvrye mense wat mens nie meer vandag oral kry nie. Mooi landskap met druiwe en besproeide persele. Augrabies ook pragtig."
"Ek is mal oor die Kalahari! Dis waar ek weer regtig mens voel. Mooi plek, baie besonders met net sulke besonderse mense wat hier bly."
"So pragtige omgewing om jou batterye te laat laai en te ontspan. Gasvryheid uit die boonste rakke!"
"Die strate van Kuruman is nie veilig. Hou jou deure gesluit en moenie stop by besige, onveilige plekke."
"Ons ry gereeld deur en vind dit geskik vir oornag, maar sal nie langer as 'n dag vertoef nie, tensy daar bekostigbare aktiwiteite of toere aangebeid word nie. Op die stadium is ons nie bewus van enige en ons bestemming is gewoonlik 'n paar km's ver."