Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1907 resensies.
"Hou die weervoorspellings dop en as die damme in die Gariep begin oorloop, laat waai na Aurgrabies - dis dan valletyd!"
"Die uiteetplekke is maar dun gesaai, moes al die pad Upington toe ry vir ordentlike kos, andersin is die uitsig baie besonders en die valle was asemrowend."
"As gevolg van Covid-19 kon ons nie alles benut wat Augrabies bied nie en dit was ongeleë dat restaurante toe was en winkels vroeg toegemaak het."
"Baie warm vir Gautengers hierdie tyd van die jaar! Ons dag ons het by 'n hotel ingeboek, maar dit was nader aan die Hel!"
"Moenie dat die hoofstraat jou mislei nie. Ry bietjie rond en ontdek klein diamante oraloor.. Van waterwiele tot pragtige kokerbome, moderne winkels en die Pienk Plek."
"Goeie plek om te oornag op pad na Augrabiese Watervalle. Mooi deel van die Noord-Kaap met al die wingerde en die rivier."
"As dit nie vir die Augrabiese Valle was nie, nie veel anders wat aangbied word nie. Pienk Padstal sluit 4 uur en die pasteie waarvoor dit bekend is het nie genoeg voorraad as mens later in die dag kom nie. Ek kan wel die riemvasmaak en die warmbron in die natuur aanbeveel, mits jy met ’n bakkie ry. Vergelegen se aandete is baie goed geprys."
"Die dorp het baie agteruit gegaan t.o.v jou gevoel van veiligheid, soos baie van ons klein dorpies waar jy kan sien die munisipaliteite spandeer nie hulle geld soos hulle moet nie."
"Die kultuur is besonders. Dit is 'n moet om tussen die plase rond te ry. Beslis enig in sy soort."
"'n Moet-besoek vir enige vakansieganger of reisiger wat 'n paar dae wil ontspan. Geriewe is netjies. Diens is goed."
"Dit was my eerste keer in die Kalahari nadat my man al baie daar was. Het my hart gesteel. Sal beslis terug kom."