Verified Reviews
Loskop Valley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Loskop Valley
Rated 4.3 out of 5 based on 124 reviews.
"Potensiële vakansiegangers behoort meer volledig gewaarsku te word oor hitte en gevaar van sonbrand asook die baie muskiete."
"Its a great place, but make sure you are prepared for self-catering, there is nowhere on a night to go out and have dinner - especially if you have kids."
"Die teerpad tussen die Damwal en Loskop-vallei is in 'n baie slegte toestand. Dit lyk of 'n boer in die area self die pad probeer regmaak, maar die pad kort definitief opgradering."
"Met baie reën kan van die grondpaaie en strate 'n uitdaging wees vir kleiner motors, andersins pragtige bosveld."
"Die grondpaaie is maar rof en sal dit glad nie vir 'n sedan aanbeveel nie. Ons moes 6 km grondpad ry met 'n bakkie en dit was n riller. Rigting op die Avontuurpad tussen Middelburg en Groblersdal na Izinkwe Lodge."
"Dit is baie lekker om Kranspoort te besoek - dit is 'n rustige woonbuurt in die natuur en was heerlik om wilde diere te sien rondloop tussen die woonhuise om te eet en te drink by die water en kospunte. Die grondpaaie na die wild-area is beperk vir gewone voertuie, die meeste en grootste gedeelte van die grondpaaie is baie beslis nie vir enigiemand met gewone sedan-motors nie, dit is selfs ook nie geskik vir 'n lae 4x4-voertuig nie."
"Kranspoort is 'n baie mooi omgewing met Loskopdam wat 'n goeie toeristebestemming is naby. Ek glo in die somer sal dit nog mooier wees. Dis ook 'n baie veilige omgewing."
"Kranspoort is tans ons nommer 1 toeristebestemming in Mpumalanga. Dis 'n veilige pad soontoe, nie ver nie. Dis regtig 'n vakansiedorp, almal wat daar is, is daar om te ontspan. "
"It is an extremely clean city, their CBD was so clean and tidy. It had a very nice old school vibe to it. "
"Kranspoort is een van die mooiste plekke wat ek nog gesien het, dit is rustig en die uitsigte is asemrowend."
"Die lekkerste oorslaap plek as jy vanaf Pretoria se rigting op pad is na Dullstroom, Sabie en so en natuurlik om met die "dual sport" motorfietse daar rond te ry op al die grondpaaie is awesome verby."
"Groblersdal is in an area of natural beauty. They have a good mall and the surrounding areas are scenic with some good holiday options. "