Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3739 resensies.
"Rosendal is 'n pragtige dorpie. Die pad tussen Senekal en Rosendal is wel bitter swak."
"Word net beter. Was laas Januarie 2020 daar. Daar is nou baie nuwe winkels. Mooi plek."
"Clarens se paaie is ongelooflik sleg. Restaurante en winkels buitensporig duur, net toegespits op buitelandse toeriste."
"Clarens is baie duur, restaurante is baie duur, die omgewing en staproetes is baie mooi."
"Baie mooi plek by die Malutiberge, strate is net in 'n ongelooflike slegte toestand. Sal moontlik eerder verkies om in Clarens te oornag en dan die dag te spandeer in die Fouriesburg-area."
"A quaint town with lovely, friendly staff. We all enjoyed walking around town and window shopping. Lots of places to eat with lots of variety to suit everyone's pallets."
"Pragtige dorp. Die Bethlehem Munisipaliteit moet net aandag gee aan die strate wat besig is om baie agteruit te gaan."
"Wens net die plaaslike regering wil die strate van Clarens teer of plavei. Die onlangse reën het slote en gate oral oor in die strate gestoot en dit was regtig onplesierig."
"Dit is ons tweede besoek in Clarens en ons is teleurgesteld oor agteruitgang van strate, asook niks nuut beskikbaar."
"Ons was kersdag daardeur, so amper als was toe. Eetplek gesoek, maar niks gekry die oggend nie. Mooi dorp."
"Pragtige, ou plattelandse dorpie met lieflike winkeltjies en heerlike restaurante."
"I'm giving it a 4/5 because of the poorly maintained roads, be very cautious when driving from Johannesburg. There are major potholes en route and not many petrol stops. Overall, stunning views."
"'n Rustige plattelandse dorpie met die mooiste natuurskoon. Skoon en netjies. Baie aktiwiteite vir oud en jonk."
"Eerste keer in Clarens. Baie mooi dorpie met pragtige berge, maar soek nog na 'n wow-faktor. Vele winkels, restaurante en staproetes. Was ook by Golden Gate, maar weet nie of ons sommer gou weer sal terugkeer nie. Dink ander plekke in Suid-Afrika bied meer."
"Rosendal is 'n baie oulike dorpie met lekker restaurante, maar die pad na Rosendal is baie sleg."