Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1947 reviews.
"Hoe heerlik om te kan rondstap tussen koedoes, kameelperde, zebras, volstruise ens. Fantastiese bestemming en ons sal weer gaan."
"Stunning plek, sal graag 'n plekkie daar wil hê."
"Tans droog, maar ken daardie area, so was 'n dag in die Kruger Wildtuin en het alles gesien."
"Persoonlik sal ek teruggaan. Daar is so baie om te geniet. Langs die draad tussen die Kruger en Marloth afstap of ry is maar een."
"Die park sal nog lekkerder wees vir kinders wanneer die waterpark eers klaar is."
"Lieflike plek. 'n Groot pluspunt omdat die huise nie te na aan mekaar gebou is nie. Mens voel werklik of jy in die bos is. Die natuur en wild is op jou voorstoep."
"Marlothpark stel nie teleur nie. Dis 'n ideale wegbreek kans in die natuur. Kan nie vir beter gevra het."
"Vind Marlothpark oorontwikkel. Daar is te veel gastehuise, wat te veel mense trek. Dit is wel aangenaam buite seisoen. Tydens stil tye, nie oor naweke. Ons hoofdoel was om dit as verblyf te gebruik om Krugerwildtuin te besoek."
"As jy nog nie Marlothpark besoek het nie, het jy nog nie gelewe nie. Beste bestemming in die wêreld."
"Ons gaan al baie jare Marlothpark toe, dit was baie lekker, dit was net baie besig, daar was ook baie busse op Olifants wat baie vinnig gery het en ek is bekommerd oor hoeveel wild raak gery word. Daar moet ook strenger boetes wees oor rommelstrooiing, aangesien daar baie rommel rondlê, Dit is regtig 'n lekker plek en wil dit graag so hou."
"Good alternative to Kruger Park, to enjoy fauna and forest without using your vehicle as your own cage! Ideal for walking, running, biking and even driving for those who insist!"