Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1889 reviews.
"It's a great environment for a weekend away to recover and get out of your usual routine for a change. Especially for guys that come from JHB or PTA who want to take some time out and relax."
"Dit is baie ideal geleë tussen Ballito en Umhlanga en baie rustig en stil. Vir 'n goeie rus en heerlike breek is dit beslis die regte bestemming."
"Die winkels en garage is net ver. So, sal aanbeveel dat jy jou goed saamvat. Dis 'n stil strand met baie rotse, maar dit pla my nie. Ek geniet dit om te hoor hoe naby jy aan strand is en elke brander kan hoor breek. "
"Wonderlike bestemming - so baie om te sien en doen. Besonder skoon en veilig."
"Ons geniet St Lucia baie, die natuur is pragtig en so ook is dit skoon en netjies, dankie."
"Dit was my eerste keer in Shaka's Rock en ek het dit ten volle geniet. Dis baie stiller as in Durban en het 'n baie beter atmosfeer vir ons gehad."
"Baie rustige kusdorp, definitief 'n plus vir hengel van die rotse af. Ideaal vir mense wat lief is vir stap en die natuur. "
"Ons geniet dit altyd om soontoe te gaan. Dis meestal baie rustig en mense baie vriendelik. "
"Ons is vreeslik lief vir die bestemming, en het al vantevore ook hierso besoek. Daar is vreeslik baie lekker uitstappies en mens behoort hier te besoek vir ten minste 4 dae om als te ervaar."
"Sodwanabaai is een van die beste vakansiedorpe wat daar is en dit is steeds baie lekker om soontoe te gaan. Sodwana Bay Lodge se restaurant en Spa kan ons aanbeveel. Restaurante buite in die dorpie is net so goed, veral The Lighthouse. Sodwanabaai sal altyd in harte wees en ons sal beslis weer besoek. Dis 'n juweel op sy eie en iets wat mens self moet ervaar om te besef hoe mooi en ongerep die omgewing is. Die toilette naby Sodwanabaai se strand en Coral Reef Beach Shop is netjies. Die ander naby die hoofstrand kan bietjie opgeknap word."
"Die koste om strand toe te gaan was buitensporig duur en dit is bietjie ver strand toe."
"Verskriklik lekker om dit te kon sien en na die seekoeie en krokodille te kyk op die Hippo Cruise. Dis regtig 'n baie unieke plek met die mooiste natuurskoon. "
"Ballito is 'n ongelooflike skoon en netjiese dorp met baie uitbreiding vir beleggers. Ek sal ongelukkig nie die strand as swemstrand voorstel nie, as gevolg van al die rotse. "
"'n Voëlkykparadys, digby die Dlinza en ander woude en ±40km as 'n mens by die see (Mtunzini) wil uitkom."
"Ons is mal oor Ballito. Lekker staproetes. Die rotse is heerlik vir kind en grootmense. Die eetplekke is baie goed en geniet dit veral om by The Galley Beach Bar te eet. Ballito is n plek vir 'n gesin om vakansie te hou."
"Dit is baie lekker en rustig maar daar is nie baie aktiwiteite om 'n mens vir lank besig te hou nie. Die aktiwiteite wat wel daar is, is baie genotvol."