Verified Reviews
North West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North West
Rated 4 out of 5 based on 1448 reviews.
"Compared to its previous status, the town has deteriorated. Street lights and most traffic lights not working."
"My familie bly in die dorp en omliggende plase. Die dorp het baie verval. Meeste van die winkels is toe op 'n Sondag en mens is beperk in terme van restaurante."
"A small and pleasant place that is a good alternative to staying in the Pilanesberg."
"Vryburg is 'n goeie stop op die pad na Namibië. Wou graag ons familieplaas besoek en het dit gedoen, maar is onseker oor ander besienswaardighede daar."
"Baie interresante stad met vreeslik baie besighede. Ons verblyf was baie aangenaam."
"Ons het die Duitse Basaar terdeë geniet! So ook die staptog by Kranskloof, uitdagend maar mooi!"
"Die Groot Marico en Bosveld groet mekaar in 'n panoramiese skildery van plantegroei en diere. Watergate en rietvleie is algemeen, maar duidelik 'n groot voorreg om te kan beleef. Perfek geleë tussen Mafikeng en Zeerust."
"Mogwase is a small town with minimal convenience, but extremely close to the Pilansberg - easy access to Monyane gate."
"In die agt jaar wat ons kind daar studeer, het die geskiedkundige dorp se infrastruktuur merkbaar agteruit gegaan. Jy het 'n vinnige oog nodig vir al die slaggate."
"Rustige plaasatmosfeer, straatmark, mampoerproe en toer was ook baie lekker. Het bietjie meer tyd nodig gehad om meer te verken, maar sal weer gaan."
"Potchefstroom behoort ernstig aandag aan paaie te skenk. Daar is meer potholes as pad."
"Ek het steeds 'n sagte plekkie vir Potch omdat ek daar geswot het in die vroeë '90's. Was net vir die dag daar in Junie 2023 vir 'n skaakkompetisie by HS Volkskool. Die skool het in 2022 hul 100-jarige bestaan gevier en die kombinasie van oudheid en modern, tesame met uitstekende instandhouding het dit baie besonders gemaak."
"Met die baie vragmotors op die N14 is besoek aan enige van die dorpe problematies."
"My tuiste gewees vir 30 jaar, maar my hart is so seer oor die verval van ons dorp."
"Die dorp is groter as wat ek verwag het. Daar is oral besighede en ontwikkeling. In die omgewing is daar genoeg plekke om te eet. Ek moet wel sê die strate is in 'n haglike toestand. Regdeur die dorp waar ek gery het was slegte slaggate. Daar was baie en sommige is erg diep. Die dorp kort munisipale leierskap."