Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 8060 resensies.
"Colesberg is goed geleë as oornag bestemming vir reisigers tussen Gauteng en die Kaap. Die dorp, soos meeste ander in Suid-Afrika het duidelik uitdagings in terme van instandhouding van infrastruktuur, maar dis duidelik dat die inwoners hulle bes probeer om die dorp skoon en netjies te hou. Die dorp het 'n verskeidenheid restaurante, wat nogal verbasend is vir 'n plattelandse bestemming. Ons aandete was voortreflik - naby ons gastehuis geleë, billik geprys en baie goeie kwaliteit kos en antmosfeer. Wel gedaan, Colesberg."
"Die dorp toon tekens van vernuwing, maar die strate is vuil en onversorg. Ek glo wel Covid het hier 'n baie erge effek gehad en hoop dat dit mettertyd weer sal verbeter. Ons kuier graag op klein dorpies en glo dat ons so 'n bydrae lewer tot die heropbou van gemeenskappe. Ons beste wense vir Hopetown se gemeenskap."
"Baie lang slegte gronpad om daar uit te kom en geen selfoon opvangs self al staan mens regonder die toring. Ook nie 'n lekker strand vir swem en honde nie, maar oor die algemeen 'n baie lekker, rustige vakansieplek."
"Besoek gerus die Vet Muis restaurant. Hulle het ons toegelaat om ons honde in the bring en die kos was baie lekker."
"Soos meeste van die dorpies is dit maar klein en kom verwaarloos voor - kan nie die water drink nie, paaie is swak ens. Ons het nie kans gehad om besienswaardighede te besoek nie, want dit was 'n vakansiedag."
"Myntrokke langs snelweg by garage nes jy inkom is baie interessant. Kan op dit klim."
"It's the perfect drive-through little town to catch up on rest. Die Plattelander restaurant serves great food."