Successfully reported

Geverifieerde Resensie

South Coast Whale Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1252 resensies.

Voëlklip, Suidkus Walvisroete

Casa Del Mar 214

"Pragtige omgewing. Dit was vir ons lekker dat dit net so 'n entjie uit die besige gedeelte van Hermanus is. Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Sal beslis weer hier wil vakansie hou."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Rustic Beach House

"Slegs 'n vakansieplek, met baie verskillende huise, min met see uitsig. Geen egte dorpie nie en die besighede wat daar is, is wydverspreid en uiteenlopend. Egter pragtige berge, mooi groen en aangename klimaat vir die wat met wind kan saamleef."

Sandbaai , Suidkus Walvisroete

Sandbaai Woonstel

"Lekker sentraal en met die nuwe mall so naby hoef mens nie eens ver te ry vir jou daaglikse inkopies nie."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Heaven's Door

"Will definitely be back with the family and/or friends."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Cyara

"The most majestic place in the Cape."

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Leegle

"Baie rustige en ontspannende nedersetting."

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Kormorant Apartment

"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Lazy Ways Cottage

"Bettysbaai het 'n pragtige Botaniesetuin met staproetes, 'n massiewe duin, lang kus wandelweë en is heerlik stil. Beslis 'n besoek werd."

Pringlebaai, Suidkus Walvisroete

Tranquility Heights

"Pragtige kusdorpie. Ons het heerlike garnale geëet by Hook Line and Sinker!"

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Rustic Beach House

"Baie rustige plekkie met ongelooflike uitsigte "

Sandbaai , Suidkus Walvisroete

Sandbaai Woonstel

"Mooi, skilderagtige dorp met vriendelike mense!"

Onrus, Suidkus Walvisroete

48 on Dawson

"Rustigheid van 'n klein dorpie, maar naby genoeg aan die geriewe en voordele wat Hermanus bied."

Sandbaai , Suidkus Walvisroete

Sandbaai Coastal Holdings

"Ek sal enigeen aanbeveel om daar vakansie te gaan hou."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Lekkerus

"Die eetplekke maak vroeg toe en dit is duur. Die see is maklik bereikbaar."

Onrus, Suidkus Walvisroete

Strandloper Self Catering Units

"Rustige dorp met lieflike wandelpaadjies langs die see."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Cyara

"Dis 'n pragtige dorpie wat sentraal geleë is."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Seaside Historical Cottage

"Kleinmond is 'n tipiese kusdorpie en vir ons (ouer mense) was dit voldoende,maar vir die jonger geslag was dit soms bietjie vervelig. Ek sou dit nie wil verander nie, want dan verander 'n mens die karakter van die dorpie."

Onrus, Suidkus Walvisroete

Festina Lente in Onrus

"Onrus het alle produkte - vars of wat ook al nodig is. Die plaaslike apteek langs OK was besonder vriendelik en behulpsaam en is uitstekend toegerus."

Kleinbaai, Suidkus Walvisroete

Great White Accommodation

"Ek is mal oor Kleinbaai en sy mense, en het die walviskyk-trippie verskriklik geniet!"

De Kelders, Suidkus Walvisroete

123Vyfer on Whale Trail

"De Kelders is 'n baie aangename, stil dorpie met vriendelike mense. Die natuurskoon is pragtig. Daar is ongelukkig nie 'n swem strand wat maklik bereikbaar is nie, maar as jy nie omgee om 'n entjie te ry nie, dan maak dit nie eintlik saak nie. Dit is ook baie sentraal as jy die omgewing wil gaan verken."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Woodenleg Guest House

"Heerlik! Doen so voort. Beter aanwysings na strand en seefront benodig."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Woodenleg Guest House

"Kleinmond is 'n oulike vakansie-dorp met 'n pragtige natuurgebied en stappaadjies tussen die rotse en fynbos. 'n Besoek aan die hawe-gebied en oulike winkeltjies is ook die moeite werd. Kabeljoes, 'n seekos-restaurant by die hawe, is beslis 'n besoek werd."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Lekkerus

"Ons eerste keer in Kleinmond en definitief nie die laaste keer nie. Wat 'n pragtige dorpie met pragtige vriendelike mense."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Fijnbos Manor

"Gaan doen die staproete by die Harold Porter Botaniese Tuine. Pragtig."

Blad
Blad 34 - Wys 991 tot 1020
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang