Geverifieerde Resensie
South Coast Whale Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1246 resensies.
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Heaven's Door"Will definitely be back with the family and/or friends."
Franskraal, Suidkus Walvisroete
Kormorant Apartment"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Lazy Ways Cottage"Bettysbaai het 'n pragtige Botaniesetuin met staproetes, 'n massiewe duin, lang kus wandelweë en is heerlik stil. Beslis 'n besoek werd."
Pringlebaai, Suidkus Walvisroete
Tranquility Heights"Pragtige kusdorpie. Ons het heerlike garnale geëet by Hook Line and Sinker!"
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Rustic Beach House"Baie rustige plekkie met ongelooflike uitsigte "
"Rustigheid van 'n klein dorpie, maar naby genoeg aan die geriewe en voordele wat Hermanus bied."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Coastal Holdings"Ek sal enigeen aanbeveel om daar vakansie te gaan hou."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"Die eetplekke maak vroeg toe en dit is duur. Die see is maklik bereikbaar."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Seaside Historical Cottage"Kleinmond is 'n tipiese kusdorpie en vir ons (ouer mense) was dit voldoende,maar vir die jonger geslag was dit soms bietjie vervelig. Ek sou dit nie wil verander nie, want dan verander 'n mens die karakter van die dorpie."
"Onrus het alle produkte - vars of wat ook al nodig is. Die plaaslike apteek langs OK was besonder vriendelik en behulpsaam en is uitstekend toegerus."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Great White Accommodation"Ek is mal oor Kleinbaai en sy mense, en het die walviskyk-trippie verskriklik geniet!"
De Kelders, Suidkus Walvisroete
123Vyfer on Whale Trail"De Kelders is 'n baie aangename, stil dorpie met vriendelike mense. Die natuurskoon is pragtig. Daar is ongelukkig nie 'n swem strand wat maklik bereikbaar is nie, maar as jy nie omgee om 'n entjie te ry nie, dan maak dit nie eintlik saak nie. Dit is ook baie sentraal as jy die omgewing wil gaan verken."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Woodenleg Guest House"Heerlik! Doen so voort. Beter aanwysings na strand en seefront benodig."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Woodenleg Guest House"Kleinmond is 'n oulike vakansie-dorp met 'n pragtige natuurgebied en stappaadjies tussen die rotse en fynbos. 'n Besoek aan die hawe-gebied en oulike winkeltjies is ook die moeite werd. Kabeljoes, 'n seekos-restaurant by die hawe, is beslis 'n besoek werd."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"Ons eerste keer in Kleinmond en definitief nie die laaste keer nie. Wat 'n pragtige dorpie met pragtige vriendelike mense."
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Fijnbos Manor"Gaan doen die staproete by die Harold Porter Botaniese Tuine. Pragtig."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Kleinmond Panorama Holidays"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Amazing Grace B&B"Baie mooi en rustige plek. Gansbaai is net 'n klipgooi verder as jy voel dat dit 'n bietjie te stil in De Kelders is. "
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"Kleinmond is die mooiste seedorpie, rustig, baie sentraal en het alles wat jy kan nodig kry."