Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36824 resensies.
"Prins Albert is 'n pragtige skoon dorp met mooi natuurskoon en het veral genoeg goeie eetplekke. Beslis 'n besoek werd."
"Baie oulike dorpie. Skoon met alles wat mens basies nodig het en baie vriendelike mense. Ons het by Muis Huis ontbyt gehad wat uit die boeke was."
"Menige uitstappies om te doen. Nauurlik is die hele tuinroete altyd netjies en skoon. Sal defnitief weer daarheen gaan."
"Dis 'n lieflike dorp en mens is bevoorreg om dit nog alles te kan geniet en waardeer. Dankie vir die instandhouding van al ons kultuurskatte - dis deesdae nie meer so algemeen nie!"
"As jy van treine/ou motors hou besoek die Outeniqua treinmuseum en bespreek vir jou plek op die Powervan om teen die asemrowende berge rondom George op te ry en te gaan piekniek hou."
"Paarl is 'n pragtige toeriste bestemming, naby aan baie mooi plekke om te sien soos Spice Rooute en CBC Brewery."
"Baie tevrede met Juffroushoogte. Ek het reperasie nodig gehad op my bril. Beland by Weskus Mall. Groot, uitstekende diens gekry by oogaarts. Was net kort in die dorp, baie sentraal vir klomp toeriste-bestemmings daar rond."
"Pragtig! Temenos die hoogtepunt! Ps 23 - Na waters waar rus is en groen weivelde word hier waar!"
"Lieflike vlaktes, interessante plekke om by te stop en goeie wynplase. Mooi karoo-dorpies met lekker koffiewinkels wat mens uitnooi om te stop."
"Die Natalse strande kan net nie vergelyk word met die skoon strande in Hartenbos nie. Ons is nou absoluut verlief op die Kaap !"
"Rawsonville is stil en rustig maar daar is ook heelwat om te sien en doen. Dit is ook gerieflik naby aan 'n groot winkelsentrum en naby genoeg aan Kaapstad. Oulike plek. Sal weer daar gaan besoek aflê."
"Ons het nie regtig gegaan om toeristebestemmings te besoek nie, maar wel om net 'n rustige naweek weg van die gewoel te geniet. Ek weet egter dat Wellington ryk is aan geskiedenis en sou graag meer daarvan wou weet en plekke van belang besoek as ek meer tyd vir rondry gehad het. "
"A really chilled out destination. Our kids were never bored, as we could alternate between nature walks, all the wine farms are child friendly too with options of chocolate tasting etc. An easy place to visit. Even in the middle of winter!"