Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36824 reviews.
"Prince Albert het voorwaar in status gestyg vanaf 'n "prinsdorp" na 'n "koningsdorp". Behou net asseblief die karakter van die dorp - soos wat dit was - die atmosfeer en "lekkerte" waarop almal verlief raak. "
"Worcester is great for tourism. We went to "Kleinplasie" and totally enjoyed the museum. We were amazed to see all the industrial activity which had taken place on that farm so many years ago. We were totally blown away. Very informative and we would like to go back to gain more information on the history of Worcester. The restaurant was uitstekend!"
"Dis pragtig! Die mense is vriendelik. Dis 'n moet vir almal om dit te besoek. Pragtige dorpie."
"Pragtige, rustige, skoon dorp! Diens by koffie shop van hotel egter baie swak! Verder all good!"
"Mooi omgewing, dorp nie baie netjies nie. Bekostigbare, goeie eetplekke in dorp skaars."
"Paternoster is 'n lieflike plek om oor te bly - ons sal enige tyd weer oornag in hierdie tipiese Weskus-dorp. Heerlik geëet by 'n strand restaurant net om die hoek van die blyplek. "
"Other than the nature reserve and farming activities, there appears to be little else. Restaurants, garages and shops are of a low standard. The people are not very friendly and even tend to harass visitors."
"Heroldsbaai is voorwaar die beste plek om te bly. Dit is naby aan George Lughawe, Mosselbaai, Hartenbos, George, Knysna, Oudtshoorn en etlike ander plekke wat mens moet besoek wanneer met verlof in die Suid-Kaap. Heroldsbaai se strand is pragtig en skoon. Mens kan lekker rondloop en voel te alle tye veilig."
"Ja, definitief net 'n naweek is te kort. Dis 'n pragtige historiese dorp en lekker interessante dinge om te sien, daar is ook lekker grondpaaie om te verken, soos byvoorbeeld om oor Malgas se pond te gaan. Hou die dorp net so."
"Vredenburg het als en nog meer - in die dorp alles beskikbaar asook die nuwe Weskus mall. Naby Langebaan en Parternoster."
"George is 'n pragtige dorp, naby aan ander vakansiebestemmings en daarom 'n ideale plek om oor te slaap en selfs 'n paar dae oor te bly. "
"Heerlike dorpie om in rond te loop, sou net 'n bietjie meer kunsgalerye wou sien."
"One of the most beautiful towns in the province and it is clean and safe. Great restaurants, friendly people and the scenery on the Swartberg Pass something not easily described - a MUST see. Many attractions in the area and Prince Albert is surely worth more than one visit. When we visited the town it made us proud to be South Africans!"
"Dit was ons tweede besoek aan Riebeek-Kasteel. Dit het gevoel asof ons nie regtig in Suid-Afrika is nie. Suid-Afrikaanse eetplekke en etes skaars. Vreeslik Engels met musiek hoofsaaklik Frans en Duits. Ek persoonlik het 'n bietjie ontuis gevoel in my eie land."
"Nie genoeg vir kinders om te doen nie al is daar strande. 'n Lekker warm swembad in die winter sou lekker gewees het soos by Club Mykonos maar dit is net vir members only."
"Die Strand het die mooiste uitsig ooit en veral die sonondergang in die somer. Oorseese toeriste is beslis baie welkom. Kaapstad is maar te alle tye die beste ter wêreld. "