Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3555 resensies.
"Dis die moeite werd om Tulbagh en die vallei te besoek. Pragtige omgewing en heerlike wyn."
"Ons het nie geweet Kerkstraat is so vol interessante plekkies nie. Parkeer jou kar en stap die dorp plat, die locals is vriendelik. Die gemeenskapsgroentetuin is 'n baie oulike projek waarvandaan die gastehuise ens. vars groente aankoop. Baie goeie idee!"
"Love dit, so baie plekkies om te sien en om by the gaan eet."
"Uitstekende ligging, binne loopafstand van die middedorp en die kampus. Mooi uitsig oor die vallei. Rustige buurt."
"Tulbagh is 'n baie mooi dorpie met baie oulike plekke om te besoek, maar nie baie opsies vir mense met peuters nie."
"Strand is die perfekte bestemming, perfek geleë en naby aan alle plekke wat besoek kan word."
"Baie dag uitstappies in die area. Oulike eetplekke en natuurlik wynplase."
"Ons was nie regtig daar tydens ons besoek nie. Maar dis 'n mooi dorpie met 'n pragtige uitsig oor die Slanghoekvallei."
"Heerlike aandete geëet by Fowlers en die beste koffie gedrink by Cafe Hugo. Baie lekker Parkrun."
"Omgewing mooi skoon. Paaie in goeie toestand. Puik diens deur die plaaslike besighede."
"Pragtige omgewing. Die mense met wie ons te doen gekry het, was almal baie vriendelik en hulpvaardig."