Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1643 reviews.
"If you put in the effort, there are a number of historical sites to see in Colesberg."
"Ek hou van die rustigheid van die dorp. Mense is vriendelik en behulpsaam."
"Dorpie met baie geskiedenis, maar kort net baie aandag, geboue lyk maar baie afgeleef en verwaarloos."
"Colesberg is helaas vir my nie veel meer as 'n stopplek vir mense wat heen en weer tussen die Kaap en die Noorde ry nie. Ek was te moeg na 'n dag se gery om die skaaptjops te gaan soek waarvan mense my vertel het."
"Pragtige ouwêreldse huisies in die meeste strate. Baie huis- en gastehuiseienaars besig om te verf en te bou, alles in die outentieke styl van die dorp. Museum met Anglo-Boereoorlog uitstallings en karretjie-mense was interessant. Ons het net een aand gaan uiteet. Effense swakpunt is dat die restaurant naby ons gastehuis se etes redelik vervelig was. Ons kan nie kommentaar op ander restaurante lewer nie."
"Gaan maak vir seker 'n draai daar. Stop, verken en geniet die dorp. Absoluut 'n plesier gewees."
"Daar is oulike plekke om te eet en dit is amper halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg"
"Al die sluise is oop by die Gariepdam. Dit is indrukwekkend om te sien. Moenie net stop by die uitsigpunt nie, ry af na die brug as jy nie omgee om nat te word nie. Vorige kere roosterkoek gekoop in die hoofstraat. Dit was heerlik."
"Eerder oornagbestemming as toeristebestemming. Dorp is groter as wat jy dink aangesien jy slegs klein gedeelte van N1 af kan sien."