Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1935 resensies.
"We went again to Sutherland specifically for the SALT tour, but through no-one's fault, it was cancelled because of the Covid-19 lockdown."
"Infrastruktuur sukkel met baie toeriste. Was ongelukkig om nie plek te kry vir aandete in enige van die 4 resturante nie. Maar die sterreprag het absoluut opgemaak daarvoor."
"Baie oulike plek, laat my aan Dullstroom dink. Sal definitief weer teruggaan om weer die pas te ry en al die plekkies te besoek."
"Ek hoop al die besighede in Sutherland besef dat nie almal internasionale kliënte is nie en ons hulle probeer help, kyk bietjie na julle pryse vir Suid Afrikaners."
"Tensy jy belangstel in wat gebeur het met die Laingsburgvloed kan ek nie sien dat Laingsburg as toerismebestemming bemark word nie."
"Baie lekker vakansie vibe en tipiese toerisme dorpie. Kunswinkels en straatkaffees. Clarens in die Vrystaat op klein skaal."
"Blue mooi, restaurant is ongelooflik. Jammer net vir die skouspelagtige wolke wat ons sterre kyk belemmer het."
"Jy moet bereid wees om grondpad te ry en te ontdek! Grondpaaie is oor algemeen in goeie toestand. Hier is baie versteekte juwele waarvan min mense weet. Rustigheid, stilte en asemrowende natuurskoon!"
"Wat 'n bekoorlike dorpie, soveel om te sien en te doen, 2 dae is heeltemal te min, soveel restaurante met die smaaklikste kos. Die deli by die hotel verkoop heerlike geelvet-biltong en tuisgebakte brood."
"'n Dorp wat mens nie moet mis nie. Wonderlike karoomense, sterrehemel, stapstrate, kuierplekke. Sonder 'n besoek is jou lewe armer."
"Gaan besoek vir Tjol by sy pub net buite die dorp. Hy is een van daai merkwaardige mense wat gesels baie geniet en omtrent die enigste aanwins in die dorp."