Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11594 resensies.
"Pragtige museums en rustige dorp. Chris Barnard museum is beslis die moeite werd om te besoek. Die personeel is vreindelik en neem jou deur die museum en verduidelik alles. Beslis insiggewend."
"Nie die skoonste dorp nie, maar sy gastehuise is puik, veral Grace Place het al 'n paar keer daar gebly en die vulstasies aan die einde van die dorp op pad Colesberg toe is ook netjies en het vriendelike diens."
"Beautiful countryside, magnificent for peace and quiet, short walks and possibly cycling. Limited entertainment for city folk not looking for peace and tranquillity."
"Worth a visit, just 10km from the N1. Do yourself a favour if you are en route passing."
"Pragtige geskiedkundige dorpie met die pragtige boustyl van die geboue. Vriendelike mense oral."
"Jammer die ou dorpie, soos alle plattelandse dorpies, is besig om agteruit te gaan."
"Paaie tussen dorp en Colesberg/Trompsburg is in baie slegte kondisie. Dorp self se infrastruktuur soos historiese geboue en paaie ook baie vervalle met duidelike tekens van gebrek aan onderhoud."
"Geskiedkundige dorp met Chris Barnard ens. Maar ongelukkig is daar nie 'n see hier nie."
"The venue is very close to the Meiringspoort road, so you may hear passing trucks."
"Was net 'n oornagstop en het nie veel van die dorp beleef nie, maar beveel die verblyf aan vir oornag of langer."
"Merweville is nie vir almal nie, baie stil en rustige dorpie. As jy hou van stilte en rustigheid is dit ideaal. Dorpie is skoon en mense is baie vriendelik."
"Dit was net 'n oornag op pad. Alles was goed. Baie goeie kos by plaaslike restaurant geniet."
"Gariepdam is asemrowend en enige iemand kan dit 'n halfwayhouse oppad Kaap toe maak. Iets om te sien."
"Daar is bitter min restaurante om van te kies. Die 4sheep ervaring is sover die beste, maar ook nie regtig dié beste kos vir mense wat graag uiteet nie. Sommige verblyfplekke maak hul eie kos, maar gaste kan nie op die ingewing van die oomblik instap nie."