Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11594 reviews.
"Nieu-Bethesda is 'n eksentrieke dorpie met baie om te sien, as jy bereid is om daarvoor te soek. Ek dink nie iemand wat hou van adrenalien-gedrewe aktiwiteite op 'n vakansie sal dit so baie geniet nie, maar as jy 'n waardering het vir eienaardighede en dorpies wat in 'n middag plat gestap kan word, kan jy gerus 'n draai maak in Nieu-Bethesda. "
"Die perfekte stop op pad see toe voor dit donker is en voor jy te moeg bestuur is. 'n Pragtige dorpie."
"Old world style village atmosphere and buildings to match. Pity the historic Mill needs another renovation, and the Swartberg pass must be repaired after the last rains."
"Pragtige ou dorpie wat tot 2 eeue terugdateer. Hoewel oud, nie 'n spookdorpie nie, maar goed onderhou om die reisiger te akkommodeer. Baie besienswaardighede en rustige atmosfeer. Die gewone reisiger jaag net altyd deur op sy reis. Maar ek beveel aan om hier te stop en die omgewing te verken."
"Colesberg is mooi halfpad op pad na die Kaap en 'n goeie rusplek voor jy verder reis Kaapstad toe of Gauteng toe."
"Lekker dorpie om in rond te loop en spesiale geskenkies en aandenkings te koop. 'n Mens het tyd nodig om alles te ontdek en geniet."
"Het verblyf gekry by Toverberg. Gulhartige verwelkoming, lieflike skoon - spierwit beddegoed, lugreëling, veilige parkering kon met gemoedsrus 'n goeie nagrus hê. Heerlik uitgerus en volgende oggend vertrek."
"Ek was aangenaam verras oor hoe skoon die dorpie is, definitief potensiaal vir toeristebestemming."
"We only spent an evening, but the town was clean. People were friendly and service was efficient."
"An interesting town with good food supplied by Sophie's Choice. We could even get alcohol free beer there!"
"Dit is te klein om iets te doen, maar dis 'n goeie halfwegstop as jy ver reis."
"Naby Karoo Nasionale Park - Kan dus 'n dagbesoek daaraan bring. Rustige en geskiedkundige dorpie wat alles voorsien wat 'n mens kan nodig kry. "