Geverifieerde Resensie
Kruger National Park South
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2062 resensies.
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Interne paaie swak na reën."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Marlothpark is 'n klomp huise in die bos, en dis omtrent dit, dis wel lekker naby die Krugerwildtuin, en kan jy maklik as dagbesoeker die wildtuin besoek."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Bosbok Chalets"Die park is vir 'n sekere groep natuurliefhebbers, en klein kindertjies. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Thutlwa"Marloth het sy waarde verloor met elke 30 meter 'n huis, ook was daar in die aand musiek die hele naweek en mens kon die bure hoor kuier, lag en party, as jy wil gaan vir 'n kuiernaweek great, as jy vir rustig in die bos gaan, mors jy jou tyd."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Luxury Guesthouse Co @ RomanticaHouse"Marlothpark is 'n lekker plek, maar het maar agteruitgegaan. Veiligheid het aansienlik 'n probleem geword, en dis bewys deur al die sekuriteit byeenkomstes. Daar is ook omtrent permanent 'n gebouery, wat geraas beteken en 'n oormaat van werkers."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Marloth Bush Retreat"Dis 'n moet op elke natuurliefhebber se lysie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
South Post at Kruger"As jy bang is vir wilde diere, glo ek nie Marloth is die regte plek nie, daar is baie wild oral om jou. As jy 'n persoon is wat lief is vir die natuur en die natuur en diere respekteer — enige tyd. Marloth is in die bos, presies net dit, niks meer niks minder — perfek vir natuurliefhebbers."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Serendipity Kruger Lodge"Indien jy iets vergeet het by die huis, het die winkels binne in Marloth als wat jy nodig het. Anders is die Spar in Komatiepoort puik!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Delagoadoring"Wat 'n belewenis! Kom beslis volgende jaar terug!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Korhaan Self-Catering Cottage"Een van ons gunsteling-bestemmings."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Fever Tree"Baie lekker kuierbestemming, maar die paaie is maar 'n uitdaging, veral as jy nie 'n hoë voertuig het nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Galago's Nest Bush Chalets"Marloth is 'n baie nice plek. Sal dit aanbeveel vir enige gesin wat wil wegkom en rustigheid soek."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Visarend's Roep"Dis 'n sprokieswêreld. Dit skreeu vakansie as mens daar aankom."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Nghala Self-catering Holiday Home"Lekker plek, maar baie min diere om te sien."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Huis Maroela"Al die paaie is nie toeganklik nie, maar die omgewing en wild maak op daarvoor. Winkeltjie is bietjie duur, maar die onkostes maak sin."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Lekker ontspannend. Volgende keer sal ek langer bly."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Korhaan Self-Catering Cottage"Marlothpark se ligging is baie goed en indien jy die wildtuin wil besoek, is Krokodilbrug 'n paar kilometer verder. Die diere in Marlothpark is ook mak genoeg sodat jy nie na enige van hulle moet soek nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Lalapanzi"Ons geniet dit om Marloth toe te gaan, dit is naby genoeg aan die Wildtuin dat 'n mens 'n dagtrippie soontoe kan maak. Daar is egter ook genoeg om te doen, as mens nie na die Wildtuin gaan nie. Ons geniet die rustigheid en die diere wat tussen die huise rondbeweeg."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Huis 7 @ Kruger Wild Dog Inn"Baie lekker, net baie besig in die winterskoolvakansie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hippoholiday"Die enigste ding wat ons werklik gepla het was die geraas van 'n kragopwekker tydens "loadshedding". Ek meen, ons is in die bos en elke aand moes ons vir 2 ure daarna luister, veral toe ons buite om die vuur gesit het en so graag die stilte sou wou "hoor", en dit was elke aand terwyl ons daar was."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Cheetah Plateau"Paaie is 'n bietjie rof. Maar Verder het ons en die kleinkinders die diere geniet."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Marlothpark is bietjie besig en daar is baie mense wat heeltyd beweeg. Sekere areas is stiller as ander, maar oor die algemeen is dit baie besig en nie 'n stil vakansie nie. Wat lekker was is daar is restaurante en 'n kafee waar mens kan goed koop wat jy dalk nie saamgebring het nie. Oor die algemeen het ek dit geniet."