Verified Reviews
North West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North West
Rated 4 out of 5 based on 1448 reviews.
"Potchefstroom is 'n wonderlike dorp. Dis nou nie 'n stad nie, daar is maar potholes in die pad en soos alle dorpies het jy maar sy voordele en nadele. Ek het in Potch grootgeword so dit bly vir my 'n plekkie na aan my hart. Daar is ietsie van als en as jy kans sien om bietjie te ry en die wêreld te herken, is daar soveel goed om te doen en te sien."
"Potchefstroom is 'n outentieke dorpie met karakter, die vriendelikste mense, en 'n top universiteit."
"Behalwe vir al die baie slegte paaie is Potchefstroom 'n mooi dorp. Die NWU maak die dorp."
"Die dorp het baie agteruit gegaan en die elektrisiteitskwessie is kommerwekkend."
"Ons het gevind dat daar baie eetplekkies is. Doen maar huiswerk voor die tyd om interessante plekkies uit te snuffel. Route 96, Adam & Eve, Roosmaryn om net 'n paar te noem."
"Die elektrisiteits- en waterprobleem is maar 'n groot kopseer. Gelukkig het Modern Farm aan al hierdie behoeftes voldoen."
"Pragtige plek naby aan Pretoria. Ryk geskiedenis. Ons was daar vir hokkie-toernooi, maar ek sal beslis teruggaan om bietjie te gaan rondkyk."
"Slaggate kort aandag op R501/Thabo Mbeki-weg. Van eerste verkeerslig soos mens die dorp in ry. Wees op uitkyk."
"Potchefstroom is soos ons tweede tuiste, vir die laaste 6 maande. Dit is ongelooflik hoe pragtig, netjies en skoon die dorpie is, en hoe vriendelik die mense is. Potchefstroom, jy sal altyd 'n plek in ons hart hê."