Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6675 resensies.
"Ons het ongelukkig nog nooit Graaff-Reinet as 'n toeristebestemming besoek nie, maar slegs as oornagverblyf op pad na Gauteng of terug Kaapstad toe. Ons hoop egter om een of ander tyd 'n paar dae langer daar oor te bly, want ons is baie beïndruk met wat ons daar ervaar het."
"Ek glo Middelburg het voldoende geriewe om met Colesberg en Graaff-Reinet te kompeteer."
"Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet."
"Dis 'n pragtige dorp met die mooiste geboue. Jammer dit is so droog, ons bid net dat die reën gou vir julle sal kom."
"Baie rustige area. Ek het nie een keer onveilig gevoel nie. Sal graag in die toekoms weer gaan."
"Bespreek gerus 'n wildrit na die Camdeboo Nasionale Park - daar is soveel interessanthede wat vertel word oor Graaff-Reinet en die park - ook genoem die Vallei van Verlatenheid."
"'n Baie mooi dorp. Wil nog vir 'n paar dae daar gaan bly om die omgewing te verken. Dié dorpie het die oulikste restaurante met baie besonderse kosse."
"Steynsburg is "off the beaten track" en 'n aangename verassing as jy van klein dorpies hou. Die pad na Jeffreysbaai via Steynsburg en Hofmeyer is still en nie in 'n slegte toestand nie. "
"Ons het die dag in Camdeboo National Park deur gebring en kan dit beslis aanbeveel. Die geriewe is in uitstekende toestand en daar is lieflike roetes in die park. Ons het ook gebraai in die park en moet noem dat die piekniekarea lieflik was. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Cradock itself is worth a brief visit but it is more the National Park, surrounding area and natural beauty that is worth coming to than the town itself. "
"Jy mag dit nie mis nie. 'n Mens het ten minste een volle dag nodig om dit ordentlik te ontdek."
"Vir 'n eerste besoek, sal ek definitief weer gaan. Daar is steeds dieselfde atmosfeer wat die blommekinders van weleer aangegryp het. Ek kan verstaan hoekom hulle na so 'n stukkie paradys in ons land sou ontglip het. "
"Die dorp gaan agteruit, die strate is vuil. Was 5 jaar gelede nog pragtig en skoon."
"Ons het nog nie die toeristemoontlikhede ten volle benut en beleef nie en is van plan om binnekort so te maak. Goeie eetplekke en waarde vir geld."
"Die groot sandduine is 'n belewenis en die kinders kan daar baljaar met 'n glyplank. Lieflike omgewing."