Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Saldanha Bay Local Municipality

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 505 resensies.

Saldanhabaai Munisipaliteit

Kyki-C

"Dorp baie vuil. Munisipaliteit kan asb. net bietjie beter kyk om dromme leeg te maak. Dromme vol en mense gooi hulle papiere orals. Baie teleurgesteld dat die strande ook so vol papiere en plastiekbottels is."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Abalone Guest House

"Die dorpe is netjies en mense is fantasties. Ongelukkig kry ek die gevoel dat die plekke begin "kommersialiseer". Mense moet onthou dat dit dalk goed kan wees vir nou, maar oor 'n lang tydperk sal die "groei" hierdie mooi plekke vernietig!"

Saldanhabaai Munisipaliteit

Long Acres Bahamas Accommodation

"Langebaan het 'n gedaanteverwisseling ondergaan die afgelope 2 jaar. Die hoofstraat met sy palmbome verskaf 'n rustige woestynatmosfeer. Die munisipaliteit moet die aanplanting van die palmboom uitrol na alle woonbuurte - veral die minder gegoede areas. Dit sal eenheid en samesyn bevorder. Die plekke St. Helenabaai en Stompneusbaai benodig ook meer ontwikkeling in armer woonbuurte om samehorigheid te bevorder."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Vintour Guest House

"Love the West Coast and specifically Saldanha Bay. It is a quiet town and near enough to the more touristy towns of Paternoster and Langebaan. Perfect for a relaxing holiday."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Chalky's

"Die omgewing is baie netjies, maar die gevoel van rustigheid is weg. Betonoerwoud!"

Saldanhabaai Munisipaliteit

Saldanha Bay Inn

"Die huis is op 'n hoek en baie van die plakkerskamp se mense loop daar verby."

Saldanhabaai Munisipaliteit

12 on Beach

"Baie lekker vakansieplek. Netjies ek skoon. 10 uit 10 vir hulle. "

Saldanhabaai Munisipaliteit

Pikkie Cottage

"Baie skoon en netjies."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Bokkomdraai

"Dis wonderlik om te weet dat daar geen besoedeling in die see is nie."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Saldanha Bay View - Parker Crescent

"Ongelukkig was baie restaurante en ander winkels toe alhoewel dit op Google geadverteer word. Die dorp is skoon en paaie in goeie toestand en werklik 'n pragtige dorp en baai."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Bella Mia

"Not many options for pool swimming facilities if not checked in at Mykonos. Selection of activities very limited."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Speranza

"Ek was bietjie verbaas hoeveel sake-ondernemings toe was tydens die vakansie seisoen; was veral teleurgesteld dat Cup-of-Cake toe was!"

Saldanhabaai Munisipaliteit

Marianne's Self-Catering Flat

"Die dorp en strand word mooi skoon en netjies gehou."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Lekker Rus

"Ons het beslis te kort gebly om al die toeriste aantreklikhede te geniet. Sal weer daar wil aandoen, daar is verskriklik baie om te doen en die mense in die omgewing is baie behulpsaam en vriendelik."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Marianne's Self-Catering Flat

"Baie netjies en goed georganiseerd!"

Saldanhabaai Munisipaliteit

Hoedjiesbaai Hotel

"Vriendelike gemeenskap, beslis uniek met die industriële omgewing en bootjies. Definitief nie 'n strandbestemming as dit is waarvoor jy soek nie. Daar vloei riool in die see in."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Le Mahi Guest House

"Dit is beslis 'n baie skoon plekkie. Het veilig gevoel polisie en metro doen hulle werk."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Die Jacobsdaller

"Ons is mal oor die Weskus en het ons vakansie hier baie geniet!"

Saldanhabaai Munisipaliteit

Weskushuis

"Should clean up the beach regularly. Put more bins."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Langebaan Long Beach Cabanas

"Die Weskus Nasionale park is baie besonders en asemrowend mooi."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Die Jacobsdaller

"Stil-dorpie-atmosfeer. "

Saldanhabaai Munisipaliteit

Klokkiebosch

"Jacobsbaai is 'n uitstekende plek om te slaap en as basis te gebruik as jy die Weskus besoek, dis baie veilig, dis naby genoeg aan Langebaan, Paternoster en Yzerfontein. Daar is regtig ietsie vir almal. Sal beslis weer kom kuier."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Hallo Jacobsbaai

"Baie rustige toeristebestemming. "

Saldanhabaai Munisipaliteit

Saldanha Bay Inn

"Charlie's fish shop was 'n wenner. Die area is goed versorg en ek het geen bedelaar raak geloop wat lastig was nie. Hulle het baie lekker winkels en daar was lewensredders op die strande. Wel gedaan Saldanhabaai, julle sal my weer sien."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Togryersvlei Wedding Venue and Guest House

"Baie beïndruk met hoe skoon en netjies die area is."

Saldanhabaai Munisipaliteit

Vintour Guest House

"Ons was nie bewus van die baie streng waterbeperkings nie. "

Blad
Blad 7 - Wys 181 tot 210

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang