Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6855 resensies.
"Lambertsbaai is die ideale plek om waarlik van die stad weg te breek. Besoek gerus die Muisbosskerm en gaan kyk na die Malgasse op die eiland. "
"Info kantoor is nie baie behulpsaam nie. Dorp se mense is baie vriendelik en dorp is baie skoon."
"Ons is nie baie lief vir Langebaan nie. Vir 'n dag of so, maar nie vir vakansie nie."
"Paternoster is 'n baie oulike dorpie met baie vriendelike en behulpsame mense wat in die winkels en restaurante werk. Dit is effens sleg dat daar so baie bedelaars is."
"Ongelooflike lekker plek met 'n wonderlike plat op die aarde atmosfeer!"
"Pragtige kusdorpie, baie naby aan Kaapstad. Vir 'n lekker rustige wegbreek van die stadsgejaag."
"Paternoster is een van die plekke wat ek die lekkerste vakansie gehou het. Dit is absoluut die mooiste plek."
"Langebaan en omgewing asook die Natuurreservaat is ongelooflik mooi!"
"Pragtige Weskus dorp met 'n heerlike atmosfeer en netjiese voorkoms. Pragtigste sonsondergang oor die water. Gerieflik geleë binne 1 uur vanaf Kaapstad en met Darling net 15 km weg is dit 'n goeie keuse vir 'n heerlike vakansie."