Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 2064 reviews.
"Marloth Park was nog elke keer vir ons 'n aangename ervaring. Baie wild kan gesien word, self in die privaatheid van jou eie akkommodasie."
"Daar is geen sekuriteit by die ingangshekke nie. Hulle maak die hek oop sonder om te vra vir die rede van jou besoek."
"Siels vernuwend om buite te sit. Koffie te drink. Die nuwe dag te begroet. Die son te sien opkom. Diere wat stil en rustig hulle gang gaan."
"Awesome plek kom nou al vir amper 10 jaar na Marloth toe en dit is altyd aangenaam om weer te moet terugkom en ons as gesin of met vriende sien altyd uit om weer te kom."
"Lekker verblyf naby die Kruger Park. Baie toeganklik tot ander besienswaardighede. Noodsaaklike dienste soos winkels en banke ook in die park beskikbaar. "
"Altyd lekker om daar te bly tussen die diere. Vriendelike mense en waardeer veral die rustige atmosfeer."
"A beautiful place with friendly people and lots to see. "
"Marloth Park = Sielskos! Ek wil definitief kyk of ek 'n huis daar kan koop. Beste plek ooit!"
"Nie veel diere gesien nie, maar dis maar die droogte. Hoop en bid vir goeie reën. Ons het darem kameelperde op pad uit gekry. Alles wat 'n mens nodig het op een stuk grond. "
"Die bos en Marloth is die plek om 'n mens weer 'n nuwe uitkyk op die lewe te gee."
"Marloth Park is 'n fantastiese plek vir 'n Kruger Park wegbreek as jy privaatheid soek en naby aan die diere wil kom. Ons het zebras en kameelperde, volstruise en bokke insluitend koedoes gesien en het 'n hele paar besoeke van nagapies gehad. Absoluut pragtig!"
"Marloth Park is pragtig en 'n lekker plek om te gaan rus en terug te kom natuur toe."
"Vol wild. Kon selfs 'n koedoe met die hand voer. Die plek is awesome, asook die mense daar. Ons gaan Desember weer soontoe."