Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 2064 reviews.
"Ongelooflike plek! Lekker om so naby die natuur te wees, om te kan gaan stap en so naby die diere te kan kom. As jy nog nooit in Marloth was nie, maak 'n plan. Dit is 'n stukkie hemel op aarde."
"Ons was al saam met ons dogter en haar man in Jakkelberry wat hulle Maart/Okt gebruik. Die blyplek bestaan uit 'n tent en gebou wat verskaf word. Ons sal Marloth oor die algemeen aanbeveel. Ons voel dat daar altyd ruimte is om te verbeter, dus die 4 ster (nader aan 'n 5 ster)."
"Die konstante toeloop van mense in die park as gevolg van die verskeie bouprojekte moet 'n sekuriteitrisiko wees, en die sekuriteitsbeheer by die hekke is nie voldoende om die toeloop te beheer nie."
"Die paaie is eintlik nie geskik vir gewone motors nie. Dis baie lekker om langs die rivier te kan stap en ook te kan ry."
"Alhoewel Marloth gebuk gaan onder droogte en oorbeweiding is die atmosfeer daar altyd idillies."
"Fantastiese plek om vakansie te hou - naby genoeg aan die wildtuin, en 'n 'wildtuin' self - meeste diere kan gesien word langs die Krokodilrivier. Heerlike gasvrye gebied en relatief veilig."
"The Kruger National Park is our yearly winter holiday destination. We used to stay in the Park but the value for money is so much better when staying at McGregor Blue in Marloth Park. Not just cost-effective but with all the necessary luxuries to make your stay unforgettable. The lookout point in Marloth Park is amazing!"
"Marloth Park is 'n puik vakansiebestemming, maar die plaaslike winkels is belaglik duur. Alhoewel mens hulle graag sou wou ondersteun, het ek eerder gery na die SPAR op Komatipoort 17 km daarvandaan."
"I have been visiting Marloth Park since 2009 and it is a place that you don't get enough of because of the nature."
"Ek dink Marloth Park is 'n veel beter opsie vir verblyf as binne in die Kruger self. "
"Ons dink dis 'n belewenis om die diere so naby aan die huis te kon sien en dat ons ook 'n bydrae met voer kon maak en sien hoe die diere dit geniet. Dit was 'n heerlike warm naweek al was dit einde Junie. Dankie vir julle flink en vriendelike diens Lekkeslaap!"
"As 'n mens nie wildtuin toe wil ry nie is daar baie te sien langs die Olifantsrivier of net om deur die park te ry en die diere te besigtig."
"Great plek. Kinders voel veilig. Op 'n stap- of fietstog kon jy leeus, olifante, seekoeie en baie ander goed sien. Tuis het die sebras en koedoes en vlakvarke ons vermaak. Ongelukkig was die giraffes by 'n ander partytjie."
"Hou baie van Marloth Park, daar is reeds honderde toeriste wat die plek ken en gebruik. Dit is veral 'n goeie vertrekpunt na die Krugerwildtuin toe. "
"Ek stel voor om miskien by die ingang na Marloth Park 'n tipe inligtingsbord op te sit, na wat daar is en al die omliggende besienswaardighede."
"Despite the ever increasing amount of people around, it is a lovely, peaceful bushveld experience without travelling too far. "
"Beter kontrole by die hek, enige iemand kan net ingaan. Dit sal verseker dat daar minder inbrake sal voorkom."
"As ek eendag groot is wil ek ook 'n plekkie in die son hê en dit sal Marloth Park wees."
"Ons het nog altyd in die Krugerwildtuin tuisgegaan, maar Marloth Park is nou ons toekonstige Bosveld-bestemming."