Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2639 resensies.
"Die dorpie is pragtig en die mense is gasvry en vriendelik. Sal graag weer tyd daar deurbring!"
"Ons slegte verblyf het ons opvinding oor Prins Albert redelik bederf! Dit lyk egter na ‘n baie mooi plek."
"Die dorpie is stil en die mense vriendelik. Ons het Saterdag 13h45 in die dorp aangekom en Die Boekwinkel restaurant wat al 14h00 sou toe maak was meer as gewillig toe ons gebel het vooraf vir 'n wegneemmiddagete om ons the help. Hulle het gewag tot ons daar was voor ons kos gemaak is en dit was heerlik. Die personeel wat ons bedien het was ook heeltemal gewillig dat ons sit en nie wegneem vat nie, maar rustig daar eet en deurstap en 'n glasie wyn geniet. Jy sal ver gaan as stadsmens om sulke helder sterre te sien en die stilte te ervaar met net windpompe wat die nagstilte breek."
"Dit was vir ons 'n goeie opsie om oor te slaap op ons roete op pad terug na Pretoria toe."
"Teater groot trekpleister. Verskeidenheid eetplekke met gehaltekos. Die slaghuis is tops!"
"Baie mooi dorp, reik geskiedenis. Plekmatjies by 4Sheep het baie interessante brokkies inligting."
"Altyd 'n vreugde om op Prins Albert weer die batterye te gaan herlaai met stap tussen lieflike huisies, eetplekkies en kunsgallerye te besoek en net weer mens te word, met hane wat kraai, skape en eseltjies te hoor. ons ontdek elke slag iets nuuts!"
"Hoop dat Prince Albert sy uniekheid en karakter kan behou, ten spyte van meer toeriste. Pragtige dorpie. Nog net nie ’n goeie koffiewinkel gevind nie - sommige koffies is maar flou. Maar by Ta Mala - daar was selfs filterkoffie in huise! Dubbele sterretjie!"
"Wonderlike dorpie met fantastiese restaurante en aktiwiteite om elkeen se smaak te pas. Kom ervaar Karoo-gasvryheid op sy beste!"
"Beaufort West is a beautiful place. The atmosphere and the place you see is definitely worth seeing."
"Ons het die een restaurant besoek en het dit baie geniet. Ons kan seker nie behoorlike kommentaar lewer nie aangesien ons besoek net vir een nag was."
"'n Oulike dorpie met gasvrye mense, waar jy stilte, rustigheid en die sterre kan geniet."