Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2639 resensies.
"Solank mens nie laer as die eerste 4 of 5 blokke gaan nie, is dit goed. Verder af sowel as later in die dag raak dit touch and go. Steeds baie mooi, skoon dorp. "
"Die Gastehuis is geleë in 'n veilige en stil gebied met vriendelike ontvangs."
"'n Mooi, skoon dorpie in 'n pragtige omgewing! Die Swartbergpas en Gamkaskloof is 'n moet vir enige toeris!"
"Een ding wat my opgeval het van Beaufort-Wes, was dat letterlik al die huise in die middedorp soos klein tronkies lyk. 'n Mens word verskriklik lastig geval deur die rondlopers. Ek sal daar oornag, maar weet nie of ek sommer daar sal vakansie hou nie. Die plek is baie skoon en Afrikaans, waarvan ons baie hou."
"Bitter droog in daardie deel van die land en ons het meer insig omtrent die droogte gekry. Unieke dorp met unieke mense."
"Heerlike etes by die Swartberg Hotel en die Swartbergpas is ’n pluspunt vir motoriste en bergfietsryers."
"Te veel trokke wat deur die dorp ry, maar hoe verander mens dit sonder goeie spoordienste."
"'n Wegbreek buite 'n klein dorpie omring met die mooiste natuur skoon, hoe sê hulle in engels: "Less is More"."
"Ons was beïndruk met die dorp se netheid en rustigheid wat ons ervaar het. Doen so voort. "
"Pragtige Karoo-dorpie. Wou nog altyd daar gaan draai maak het. Vriendelike mense en dorpie skoon."
"Daar is definitief harde werk in Beaufort-Wes ingesit en die dorp is netjies en skoon. Definitief in 'n baie beter toestand as 'n paar jaar gelede. Welgedaan Beaufort-Wes gemeenskap!"
"Prins Albert is 'n pragtige dorp. Die hotel is altyd 'n wenner vir aandete en La-di-da het 'n heerlike ontbyt bedien."