Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "
"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."
"Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!"
"Netjies buurt en eiendomme is goes versorg. Voel gemaklik om daar te reis en geensins indruk gekry dat die buurt onveilig kan wees nie."
"Verrassend om te sien dat hul die naam "Dot se winkel" behou het. Die paar straatjies waarin ons gery het was baie skoon. Ek het geen papiere of gemors sien rondlê nie."
"Daar is heelwat om te doen en te sien op Nieu-Bethesda en mens het meer as een dag nodig om alles in te neem. Ek beveel die bestemming vir baie mense aan om te gaan ervaar en ontdek."
"Britstown self kan seker aan hul 'image' werk. Die Karoo is 'n wenner."
"Die Krip Restaurant was ongelooflik. Besonders anders met uitstekende kos. "
"Wonderlike ou dorp met baie karakter - beveel aan vir enige persoon met liefde vir die Karoo."
"Great value for your money. Should really give it a try. You won't be disappointed."
"Dis 'n gereiflike oornagplek, maar daar is nie veel om te doen nie. Die enigste plek waar mens 'n goeie ete kan geniet is by die hotel, en hulle is baie duur. Daar is 'n baie oulike koffiewinkel in die die ou meule en daar is heerlike ontbyt en middagetes te koop. Die mense is almal baie vriendelik. Ons sal beslis weer daar oornag."
"Onthou dit is 'n dorpie waar ons almal deurjaag. Stop 'n slag en koop lekker tjops by die slaghuis. "
"Besoek gerus die Karoo Yard, baie hartlike ontvangs en Springbok "hamburgers"."
"Nie alle toeriste stel belang in ou geboue en kerke nie. Ek weet nie of daar juis iets anders is wat dit 'n toeristebestemming sal maak nie."
"Ons het net een nag daar geslaap en het nie veel te doen gehad daar nie. Die baie sonpanele op verskeie plase was interessant om te aanskou. Die mense het ons baie gasvry en hulpvaardig ontvang."