Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3057 resensies.
"Clarens is a lovely little town and full of art galleries and wonderful mountains and hiking trails."
"Lieflike omgewing en oor die algemeen vriendelike, toeristegerigte mense. Daar is so een of twee besighede, soos The Purple Onion en Biltong & Braai, wat hul hele jaar se omset uit een kliënt wil maak, maar die plekke wat toeriste wil uitbuit sal my beslis nie weer sien nie. Verder is Clarens baie aangenaam."
"Pragtige dorp. Warmerig deur die dag, koel in die aand. So maak maar voorsiening vir beide seisoene."
"Clarens is 'n pragtige dorp. As jy rus vir jou siel wil kry - dan is dit die plek om te besoek. Mens moet ten minste 1 maal in jou lewe daar gaan oorbly. Golden Gate is naby. Dit moet die mooiste plek in ons land wees."
"Soveel om te doen en te sien in Clarens. Altyd nog iets om te ontdek in die pragtige omgewing."
"Clarens used to be a really lovely place to visit. Unfortunately for me, as a South African, I found it to be very overpriced. I still really enjoyed the weekend, but after one morning of browsing the shops, we never went back. However, we went to one of your local restaurants, the German one, Roter Hahn, it was stunning, great food, a brilliant menu and realistically priced."
"As mens van Pretoria af ry, moet jy die pad verby Warden en verby Bethlehem ry. Die Reitz pad is meer as 'n nagmerrie en ek dink eienaars van gaste-akkommodasie in Clarens behoort hul voornemende gaste daarteen te waarsku, dit sal baie ongerief en vervoerprobleme uitskakel. Die dorpie is baie stil ná 16:00 weeksdae a.g.v. min toeriste maar oor naweke is dit so besig soos 'n byenes. Die dorp is skoon en pragtig groen, maar van die paaie is in 'n patetiese toestand; selfs dié om die vierkant in die kern van die dorp kon 5 jaar gelede gedoen het met 'n totale oordoen."
"Pragtige omgewing en 'n mooi dorp, maar te veel "Chinees" en te min "Vervaardig in RSA"."
"Baie pragtig, omdat ons van die kus is, is Clarens beslis 'n belewenis. Klein dorpie met baie om te doen en te sien. Sal definitief weer teruggaan."
"All the flowers (roses and other flowers) were in full bloom in November and it made this town even more beautiful. It's a floral paradise!"
"What a fantastic experience. We will be back to this very vibrant little town. A true gem to discover."
"Interessante kuns en heerlike eetplekkies met pragtige natuurskoon."